PizzaExpress

From Wikipedia, the free encyclopedia

PizzaExpress
Remove ads

PizzaExpress is 'n restaurantgroep wat 470 restaurante in die Verenigde Koninkryk en 'n honderdtal in oorsese lande bedryf, waaronder Europa, Hongkong, Indië en die Midde-Ooste.

Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Thumb
PizzaExpress-restaurant in Bedford Street, Linen Quarter, Belfast
Thumb
PizzaExpress se Pizza Veneziana
Thumb
Pizza Funghi di bosco (Romana-styl - die groter variant)
PizzaExpress, Clerkenwell Rd, Clerkenwell, Londen

Die groep is in 1965 deur Peter Boizot gestig - volgens PizzaExpress se webtuiste was Boizot ontevrede met 'n pizza wat hy destyds in 'n Londense restaurant voorgesit is en het besluit om tradisionele Italiaanse pizza-kookkuns op die Britse mark in te voer. Die eerste PizzaExpress-restaurant, waarvoor 'n Italiaanse pizza-oond ingevoer is, het in Wardour Street, Soho, Londen geopen.[1] PizzaExpress is net een van 'n reeks Italiaans-geïnspireerde restaurantkettings in die Verenigde Koninkryk. Sy hoofmededingers sluit Ask, Prezzo en Strada in.

Die onderneming is in 2014 aan die Chinese beleggingsmaatskappy Hony Capital verkoop - in 'n transaksie ter waarde van £900 miljoen.[2] PizzaExpress het - net soosander restaurantkettings - tydens die Cornovirus-pandemie in 2020 verliese gely. As deel van die Britse regering se maatreëls ter inperking van die siekte moes restaurante in Maart hul deure tydelik sluit. In September 2020 het PizzaExpress die sluiting van 73 restaurante aangekondig nadat krediteurs 'n herstruktureringsplan goedgekeur het. Sowat 1 100 werksgeleenthede word bedreig.[3]

Remove ads

Filantropie

In 1977 het PizzaExpress 'n nuwe soort pizza, die Pizza Veneziana, ingevoer om fondse vir die Venice in Peril Fund in te samel, 'n organisasie wat ná die verwoestende oorstroming van 1966 gestig is om Venesië van ondergang te red. Die donasie vir elke verkoopte pizza is algaande verhoog van 5p tot 25p. Vanaf 2008 word 50 persent van donasies uit die verkoop van Pizze Veneziane aan die Venice in Peril Fund geskenk, terwyl die ander helfte vir die restourasie, herstelling en onderhoud van geboue, wat voor 1750 ontstaan het, en hul meubilering, toerusting en installasies aangewend word.[4]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads