Pous Adrianus V
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Adrianus V was die 186ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 1276 van 11 Julie[1] tot 18 Augustus.
Remove ads
Biografie
Pous Adrianus V[2] is gebore as Ottobuono Fieschi dei Conti di Lavagna (ook Ottobuono de' Fieschi) ongeveer in 1220 in Genua, Italië. Hy was 'n neef van Pous Innocentius IV wat hom in 1251 kardinaal-diaken van St. Adriano maak. Pous Clemens IV stuur hom as pouslike legaat na Engeland van Oktober 1265 tot Julie 1268 om op te roep tot 'n nuwe kruistog en die geskil tussen koning Hendrik III en sy baronne te besleg. Op 11 Julie 1276 volg hy Pous Innocentius V op deur die invloed van Karel van Anjou, maar sterf op 18 Augustus 1276 nog voor hy priester of biskop gewy is, of as pous gekroon is. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XXI. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.
Remove ads
Bibliografie
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
Verwysings
Eksterne skakels
Nota
Opvolging
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads