Rio Purus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rio Purus
Remove ads

Die Rio Purus (Spaans: Río Purús) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 960 km, vloei deur Peru en die Brasiliaanse deelstate Acre en Amazonas.

Kitsfeite
Thumb
Strand aan die Rio Purus in Acre
Thumb
Die Rio Purus in Santa Rosa do Purus, Acre

Die Río Purús ontstaan uit die saamvloei van die Río Curiuja en die Río Cujar in die oostelike Peruaanse streek Ucayali naby die grens tot Brasilië, sowat 320 km noord van Cusco. Aansluitend vloei die rivier in noordoostelike rigting parallel tussen die Rio Juruá in die weste en die Rio Madeira in die ooste deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië. Sowat 150 km wes van Manaus mond die Rio Purus in die Amasonerivier uit.

Remove ads

Sytakke

Die grootste sytakke (stroomaf):[3]

  • Río Chandless (regs)
  • Rio Laco (regs)
  • Rio Acre (regs)
  • Rio Inauini (links)
  • Rio Pauini (links)
  • Rio Sepatini (regs)
  • Rio Ituxi (regs)
  • Rio Mucuim (regs)
  • Rio Tapauá (links)
  • Rio Itapapaná (regs)
  • Rio Ipixuna (regs)

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads