Rassie Erasmus

Suid-Afrikaanse rugbyspeler From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Rassie Erasmus (5 November 1972 in Despatch) is 'n voormalige Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein. Hy het Suid-Afrika in een toets aangevoer en het tussen 1997 en 2001 36 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel, asook in die Rugbywêreldbeker 1999.

Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...

Hy is op 1 Maart 2018 as die nuwe Springbokafrigter aangestel en het dié span afgerig tydens die Rugbywêreldbeker 2019, waartydens Suid-Afrika vir die derde keer die Webb Ellis-beker omhoog kon hou. Sy pligte het verdubbel toe hy teen die einde van 2017 as die eerste SARU-direkteur van Rugby aangestel is.

Erasmus het op provinsiale vlak vir die Vrystaat Cheetahs en die Goue Leeus gespeel, en in Superrugby vir die Cats en die Stormers. Daarna het hy homself as 'n afrigter gevestig deur die Vrystaat tot Curriebekerkampioen te lei.

Sedert vroeg in 2024 dien Erasmus in sy tweede termyn as Springbokafrigter. In dieselfde jaar het hy 'n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit in afrigtingwetenskap ontvang.[1]

Remove ads

Verwysings

Bibliografie

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads