Ray Charles
Amerikaanse sanger, pianis en liedjieskrywer (1930–2004) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Raymond "Ray" Charles Robinson (1930–2004) was ’n blinde Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en pianis wat in die 1950’s en 1960’s gewild was. Sy bekendste liedjies sluit in "Georgia" (1960) en "I Can’t Stop Loving You" (1962). Hy het ’n groot invloed op soul-musiek gehad.[1]
Remove ads
Lewensloop

Raymond Charles Robinson is op 23 September 930 in Albany, Georgia in die Verenigde State van Amerika gebore en het in Greenville, Florida grootgeword. Toe hy ses was het hy begin blind word en op sewe kon hy glad nie meer sien nie.[2] Hy het nooit presies geweet wat dit veroorsaak het nie, hoewel sommige glo dat dit gloukoom was.[3] Hy het by die St Augustine Skool vir Dowes en Blindes in St Augustine, Florida skoolgegaan. Daar het hy verskeie musiekinstrumente leer speel en ook musiek begin skryf.
Sy pa sterf terwyl hy op skool was en sy ma is ook vyf jaar later oorlede. Charles is op 10 Junie 2004 aan lewerversaking oorlede.
Remove ads
Diskografie

- I Got a Woman (1954)
- What'd I Say (1959)
- Georgia on My Mind (1960)
- Hit the Road Jack (1961)
- One Mint Julep (1961)
- Unchain My Heart (1961)
- I Can't Stop Loving You (1962)
Filmografie
- Swingin' Along (1961), as homself
- Ballad in Blue (1965), as homself
- The Big T.N.T. Show (1966) (dokumentêr)
- [The Blues Brothers (1980), as Ray
- Limit Up (1989), as Julius
- Listen Up: The Lives of Quincy Jones (1990) (dokumentêr)
- Love Affair (1994), as homself
- Spy Hard (1996), as busbestuurder
- The Extreme Adventures of Super Dave (2000), as homself
- Blue's Big Musical Movie (2000), as die stem van G-Clef (sy laaste filmrol)
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
