Recep Tayyip Erdoğan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Recep Tayyip Erdoğan
Remove ads

Recep Tayyip Erdoğan (Turks: [ɾeˈd͡ʒep tajˈjip ˈæɾdo.an] ; geb. 26 Februarie 1954) is sedert 28 Augustus 2014 die 12de en huidige president van Turkye. Vanaf 2003 tot 2014 het hy die amp as premier van Turkye beklee en vanaf 2001 tot 2014 was hy die leier van die regerende Regs- en Ontwikkelingsparty (AKP), die party met die meerderheid setels in die Groot Nasionale Raad van Turkye. Hy was van 1994 tot 1998 die burgemeester van Istanboel. In 2014 het Erdoğan die eerste president van Turkye geword wat deur die bevolking in dié land en die Turkse diaspora direk verkies is.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...
Remove ads

Jong lewe en loopbaan

Thumb
’n Kaart van Erdoğan se staatsbesoeke as eerste minister
Thumb
Die nuwe presidensiële paleis in Ankara

Erdoğan het aan ’n Islamitiese hoërskool skoolgegaan en daarna aan die Marmara-universiteit in Istanboel se fakulteit van ekonomie en administratiewe wetenskappe studeer, waar hy in 1981 sy graad behaal het. Hy was ook van 1969 tot 1982 ’n semi-professionele sokkerspeler.

Hy is in 1994 verkies tot burgemeester van Istanboel. Hy is uit sy amp ontslaan en tot tien maande gevangenisstraf gevonnis nadat hy in 1997 tydens ’n openbare toespraak ’n gedig voorgedra het wat volgens Turkse wet beskou word as ’n aanhitsing om ’n misdaad te pleeg en aanhitsing tot godsdienstige en rassistiese haat.[1] Ná minder as vier maande in die tronk het Erdoğan die Regs- en Ontwikkelingsparty in 2001 gestig. Van sy eerste jaar af het die AKP die party met die grootste openbare steun in Turkye geword. In die 2002-verkiesing het die party 34% van die stemme gewen en die land se eerste eenpartyregering gevorm.[2]

As premier het Erdoğan verskeie hervormings ingestel en 45 jaar nadat Turkye ’n Europese Unie-ooreenkoms onderteken het, het samesprekings vir Turkye se toelating tot die EU tydens Erdoğan se bewind begin. Terselfdertyd is inflasie in bedwang gebring en die Turkse lira is herevalueer. Rentekoerse is verminder en per capita-inkomste het aansienlik gestyg.[3] In 2007[4] en 2011 het die party weer die verkiesing gewen. Erdoğan het aangebly as eerste minister.

Hy word wyd beskou as een van die invloedrykste Turkse leiers sedert Mustafa Kemal Atatürk. Tydens sy bewind het die land ekonomies bly groei en sy posisie gevestig as ’n streekmag met wêreldwye ambisies. Erdoğan se buitelandse beleid berus na berig word op Neo-Ottomanisme, die beleid waarvolgens Turkye sy teenwoordigheid in lande wat voorheen deur die Ottomaanse Ryk regeer is, moet behou en uitbrei.[5]

Remove ads

Betogings

In Mei en Junie 2013 het landwye betogings plaasgevind teen sy outoritêre regeerstyl[6] en sy beleidrigtings. Dit het begin met ’n klein, vreedsame besetting van ’n klein park aan Taksim-plein in Istanboel. Nadat die polisie die beswaarmakers met traangas en waterkanonne bestook het, het die betogings deur die hele Turkye versprei.[7]

Omstredenheid

Wikipedia

Op 29 April 2017 het Erdoğan alle Wikimedia-webwerwe in Turkye geblokkeer.[8]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads