Reddersburg

From Wikipedia, the free encyclopedia

Reddersburgmap
Remove ads

Reddersburg is 'n dorp in die sentrale deel van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is oos van Edenburg, wes van Dewetsdorp, en 60 km suid van Bloemfontein.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Die destydse CNO-skool op Reddersburg wat ook 'n tyd lank diens gedoen het as weeshuis.

Die dorp het ontstaan as 'n Gereformeerde gemeente op die plaas Vlakfontein wat op 20 Augustus 1859 vir die doel aangekoop was vir ₤1 500. Die dorp is twee jaar later uitgelê en Reddersburg genoem - na die Heiland. In 1894 het die munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oorgeneem. Die plaaslike NG gemeente is eers in 1910 gestig.

Remove ads

Distrik

Die distrik is 1 500 km2 groot en skaapboerdery is die belangrikste. Die N6 nasionale pad gaan deur die dorp.

Tweede Vryheidsoorlog

Generaal Christiaan de Wet het 'n hele Britse kolonne hier gevange geneem op 4 April 1900 nadat sy Britse eweknie William Forbes Gatacre traag was om te reageer.

Noemenswaardige boorlinge

Sien ook

Bronne

Eksterne Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads