Republiek van Graaff-Reinet

From Wikipedia, the free encyclopedia

Republiek van Graaff-Reinetmap
Remove ads

Republiek van Graaff-Reinet was van 1795 tot 1796 'n selfverklaarde Boererepubliek wat in en om die stad Graaff-Reinet in die huidige Suid-Afrika bestaan het.

Republiek van Graaff-Reinet

1795–1796
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Thumb
Ligging of Republiek van Graaff-Reinet
Kaart wat die Republiek van Graaff-Reinet aandui
Hoofstad Graaff-Reinet
32°15′S 24°32′O
Taal/Tale Nederlands (amptelik)
Godsdiens Nederduitse Gereformeerde Kerk
Regering Republiek
Geskiedenis
 - Gestig1795
 - Britse anneksasie1796
Remove ads

Geskiedenis

In die 18de eeu bereik die eerste berede kommando's van die Nederlandse setlaars die gebied waar Graaff-Reinet tans lê. Hulle het vanuit die Kaapkolonie na die ooste getrek. Die eerste boerderye word in die jare '70 van die 18de eeu opgerig. In hierdie eerste jare heers daar anargie en wetteloosheid in die gebied. Nadat 'n nuwe landdros na die streek gestuur is om wet en orde te handhaaf, kon daar met die vreedsame ontwikkeling van die nedersetting begin word.

In 1795 roep die inwoners, na jare van onderdrukking deur die V.O.C., 'n republiek uit. Die inwoners van Swellendam het dit ook gedoen (sien kaart). Voordat die leiers van die Kaapkolonie die nuwe republieke weer kon inneem, word die Kaapkolonie (saam met die twee opstandige gebiede) in 1795 (en Graaff-Reinet tot in Augustus 1796) self deur Groot-Brittanje verower.

Nadat Nederland die Kaapkolonie weer van die Britte teruggewen het, word dit in 1806 finaal deur die Britte ingeneem. Baie bewoners van die kolonie was erg ontevrede hieroor. Vir die rede het veral baie mense uit die distrik Graaff-Reinet aan die Groot Trek deelgeneem.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads