Rho Ophiuchi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Rho Ophiuchi (ρ Ophiuchi) is ’n veelvoudige ster in die sterrebeeld Slangdraer (Ophiuchus). Die sentrale stelsel van die kompleks het ’n skynbare magnitude van 4,63.[3] Gebaseer op die sentrale stelsel se parallaks is dit sowat 360 ligjare (110 parsek) van die Son af.[2] Die ander sterre in die stelsel is effens verder geleë.[5]
Remove ads
Stelsel

Die middelste twee sterre is bekend as Rho Ophiuchi AB. Dit bestaan uit minstens twee blou subreuse of hoofreekssterre, onderskeidelik Rho Ophiuchi A en B.[5] Rho Ophiuchi AB is ’n visuele dubbelster en is skynbaar 3,1″ van mekaar af, wat ooreenstem met minstens 344 astronomiese eenhede (AE).[5] Die sterre is in werklikheid verder van mekaar af en hulle vat sowat 2 400 jaar om om mekaar te wentel.[6]
Verskeie ander sterre is naby Rho Ophiuchi AB geleë. HD 147932 is sowat 2,5 boogminute van daar (minstens 17 000 AE) en is bekend as Rho Ophiuchi C.[5] HD 147888 is 2,82 boogminute weg (minstens 19 000 AE) en is bekend as Rho Ophiuchi DE.[5] Sterre C en D is albei B-tipe hoofreekssterre,[5] en D is self ’n dubbelster met ’n wentelperiode van sowat 680 jaar.[6]
Remove ads
Wolkkompleks
Rho Ophiuchi verleen sy naam aan die Rho Ophiuchi-wolkkompleks. Dit is die newel van gas en stof waarin die Rho Ophiuchi-stelsel lê. Dit is een van die maklikste stervormingsgebiede om waar te neem, want dit is een van die naastes en is van albei halfronde sigbaar.[7]
Die interstellêre verdowwing (AV) van Rho Ophiuchi word gemeet as 1,45 magnitudes, wat beteken die gas en stof voor Rho Ophiuchi obsorbeer lig van die stelsel en laat dit 1,45 magnitudes dowwer lyk as wat dit behoort te wees.[8] Bowendien versprei die gas en stof lig van ’n hoër frekwensie, en dus lyk die lig rooier.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads