Rod Alexander
Suid-Afikaanse akteur From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Rod Alexander is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy het in die 70’s bekendheid verwerf as die snip in die rolprent Snip en Rissiepit.
Na skool voltooi Alexander sy diensplig by die Valskermbataljon in Bloemfontein, waarna hy 'n ruk werk om geld te spaar om oorsee te studeer. Hy vertrek na Londen en studeer aan die Agric Kollege en RADA. Sy eerste teateroptredes was in Londen in Hair en die Rocky Horror Show. Nadat hy na Suid-Afrika terugkeer, speel hy in verskeie Afrikaanse rolprente, waaronder: Snip en Rissiepit, Aanslag op Kariba, Dans van die flamink, Hank Henry en Vriend, Daan en Doors oppie Diggins en Kaptein Caprivi.
Hy het ook in verskeie produksies soos The Villagers, The Settlers, Taakmag, Vyfster en The Diggers verskyn. Hy het 'n draai op die Egoli-stel gemaak as inspekteur Farrell wat Lynette se dood ondersoek het.[1][2]
Remove ads
Filmografie
- Wild at Heart (TV-reeks), 2007 as Coetze
- Windprints, 1990 as Klaus
- Blind Justice, 1990
- Vyfster (TV-reeks), 1984
- Mister Deathman, 1977
- Hank, Hennery en Vriend, 1976
- Daan en Doors oppie Dieggins, 1975
- Dans van die Flamink, 1974
- Snip en Rissiepit, 1973 as Joerie Anker
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads