Ruhan du Toit

Suid-Afrikaanse musikant From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Ruhan du Toit is 'n Suid-Afrikaanse sanger.[2][3] Hy het in Port Elizabeth grootgeword en woon tans in Pretoria.[1][4] Hy is al sedert 1993 in die musiekbedryf en sing in ses tale, hoofsaaklik Afrikaans en Engels.[1]

Kitsfeite Gebore, Oorsprong ...

Op tienjarige ouderdom het Du Toit sy eerste soloalbum, Die Hemel Is (1994) uitgereik.[5] Dit is gevolg met: Mensekind (1995), I believe (1997) en Sal ek jou kom haal (2008). Hy het ook twee duetalbums, Sound of Silence (2000) en Langpad (2006), saam met sy broer, Jeanré, opgeneem.

Du Toit het in 2012 by die musiekgroep Touch of Class aangesluit[6] en het 'n paar jaar saam met die kitaarspeler Deon van der Merwe opgetree. Die Engelse liedjie The Sound of Silence van Simon & Garfunkel, as deel van dié groep, was een van sy groot treffers. In 2019 het hy besluit om weer op 'n sololoopbaan te fokus.[2]

Remove ads

Diskografie

Soloalbums

  • Die Hemel Is (1994)
  • Mensekind (1995)
  • I believe (1997)
  • Sal ek jou kom haal (2008)
  • Monumentaal (2021)[1]
  • Ruhan du Toit (2023)

Duetalbums

  • Sound of Silence (2000)
  • Langpad (2006)
  • Honderd Duisend Perde (2015)
  • 11 x Salute the Legends Albums (2014 - 2017)
  • Magic (2017)
  • More Magic (2018)

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads