Touch of Class

Suid-Afrikaanse musiekgroep From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Touch of Class is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat tans uit Deon van der Merwe en Dusty Dixon bestaan.

Kitsfeite Instrumente, Jare aktief ...

Die groep is deur Van der Merwe en Ronell Erasmus gestig. Hulle loopbaan het in 1989 begin toe hulle aanvanklik die begeleidingsorkes was vir sangers soos Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.[1] Hulle eerste album was Ek en my meisie, wat in 1992 goue status en in 1994 platinumstatus behaal het. Nog albums wat goud behaal het, was onder meer Bamboesbos, Stamp daai bene en Moenie worrie nie.

Ruhan du Toit het in 2012 by die groep aangesluit nadat Erasmus besluit het om op 'n sololoopbaan te fokus. Intussen het hy ook besluit om 'n sololoopbaan te volg[2] en Dixon het in 2019 sy pek ingeneem.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads