Ruimtevaarder

From Wikipedia, the free encyclopedia

Ruimtevaarder
Remove ads

'n Ruimtevaarder is 'n persoon wat in of na die ruimte toe reis, of wat dit as 'n beroep beoefen. In die Verenigde State word persone, wat hoër as 50 myl (80 kilometer) bo die aarde reis as ruimtevaarders geklassifiseer. Die FAI definieer ruimtevaart as 'n reis meer as 100 kilometer bo-aards, bo die sogenaamde Kármán-lyn. Ruimtevaarders van meer as 32 lande het reeds ruimtereise meegemaak.

Thumb
'n Ruimtewandeling van 'n Amerikaanse ruimtependeltuigreisiger. Foto deur NASA
Thumb
Joeri Gagarin, die eerste mens in die ruimte (1961)
Thumb
Valentina Teresjkova, die eerste vrou in die ruimte (1963)
Remove ads

Geskiedenis

Die eerste mens in die ruimte was Joeri Gagarin van die Sowjetunie, wat op 12 April 1961 aan boord van Wostok 1 vir 108 minute rondom die aarde gewentel het. Die eerste vrou in die ruimte was Valentina Teresjkova, ook van die Sowjetunie. Sy is op 16 Junie 1963 aan boord die Wostok 6 die ruimte ingestuur en het vir byna drie dae om die Aarde gewentel. Alan Shepard was die eerste Amerikaner in die ruimte.

Remove ads

Ruimtepakke

'n Ruimtepak funksioneer as 'n miniatuur, persoonlike ruimtetuig. Die hoofvereistes daarvan is om die ruimtevaarder noodsaaklike lewensondersteuning en mobiliteit te bied, en tweedens teen die gevaarlike omgewing van die buitenste ruimte te beskerm.

Die byna-vakuum van die ruimte veroorsaak dat blootgestelde liggaamsvloeistowwe sal kook en weefsels sal uitsit. Die pak moet daarom 'n stabiele interne druk handhaaf om dit te voorkom. Tipies word die pak met suiwer suurstof gevul, teen omtrent 'n derde van aardse lugdruk. Die pak span dan nie so styf nie, wat mobiliteit bevorder.

Om van 'n ruimtetuig se normale stikstof-bevattende lug na die stikstoflose atmosfeer van die pak oor te skakel, moet 'n ruimtevaarder as voorbereiding vir tyd lank suurstof inasem om dekompressie-siekte uit te skakel. Opbou van gevaarlike uitgeasemde koolstofdioksied moet aktief uit die pak se atmosfeer verwyder word. Dit word deur middel van litiumhidroksiedhouers in 'n draagbare lewensondersteuningstelsel-rugsak onttrek.

Temperature van vaste oppervlaktes wat aan die ruimte blootgestel is, kan van so warm as 121°C in direkte sonlig tot so koud as -156°C in die skaduwee wissel. Aangesien die eksterne vakuum egter nie hitte gelei nie, is die uitdaging eerder om die menslike hitte van minstens 100 watt wat binne die pak gegenereer word weg te lei. Ruimtepakke gebruik isolasielae en 'n waterverkoelde en ventilasie-kledingstuk, effektief onderklere wat teenaan die vel gedra word, om die ruimtevaarder se liggaamstemperatuur te beheer. As waterverkoeler word 'n sublimator gebruik, wat gedurig waterdamp aan die vakuum afstaan.

Die pak se buitenste lae is van duursame, steekbestande materiale soos Kevlar en Nomex gemaak om die draer teen hoëspoed-mikrometeoroïede en orbitale puin te beskerm. 'n Goudbedekte gesigskerm word ook gebruik om die ruimtevaarder se oë teen intense sonstrale en sekere ander straling te beskerm.

Omdat beweging in 'n opgeblaasde pak moeilik is, bevat die pakke spesiale gewrigte en laers in die arms, bene en middellyf om ruimtevaarders voldoende behendigheid te gee om take uit te voer en gereedskap tydens ruimtewandelings te gebruik. 'n Pet binne die helm bevat mikrofone en oorfone, wat handvrye radiokommunikasie met grondbeheer en ander bemanningslede fasiliteer.

Vir ruimtewandelings wat baie ure kan duur, word 'n maksimum-absorberende kledingstuk, in wese 'n gespesialiseerde volwasse luier, gedra om vloeibare en vaste afval te versamel. ’n Drinksakkie in die pak met ’n klein buisie naby die mond voorsien ruimtevaarders van water tydens lang buite-vehikulêre aktiwiteite. Dit verseker dat die ruimtevaarder kan oorleef en effektief kan werk.

Remove ads

Trivia

Mark Shuttleworth is die eerste ruimtevaarder uit Afrika.

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads