Saara Kuugongelwa
Namibiese politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Saara Kuugongelwa-Amadhila (gebore op 10 Oktober 1967) is 'n Namibiese politikus en van 2015 tot 2025 die eerste minister van Namibië.[1] Sy het van 2003 tot 2915 as die Minister van Finansies gedien.[2] Sy is 'n lid van SWAPO en sedert 21 Maart 2025 voorzitter van Namibië se nasionale vergadering.
Remove ads
Ballingskap
Kuugongelwa is in Okahao, Omoesati gebore en het in 1980 met SWAPO in ballingskap gegaan, en vanaf 1982 op die ouderdom van 15 in Sierra Leone gewoon. Sy was 'n leerder aan die Koidu Sekondêre Meisieskool (1982–1984) en die Sekondêre Skool Sint Josef (1984–1987). Vanaf 1991 tot 1994 het Kuugongelwa by die Lincoln-universiteit in Pennsilvanië gestudeer, waar sy in ekonomie gegradueer het.
Politieke loopbaan
Kuugongelwa het na haar gradeplegtigheid aan Lincoln ná Namibië teruggekeer en die amp as lessenaarbeampte in president Sam Nujoma se kantoor aangeneem. Op die ouderdom van 27 is Kuugongelwa in 1995 benoem as direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie. Sy is in 2003 as Minister van Finansies aangestel. Op die Heldedag van 2014 ontvang sy die gesogte Orde van die Son in die tweede klas.[3]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads