Saurischia

From Wikipedia, the free encyclopedia

Saurischia
Remove ads

Saurischia (van die Griekse σαυρος sauros, "akkedis", en ισχιον ischion, "heupgewrig") is een van twee basiese ordes dinosourusse. Harry Seeley het dinosourusse in 1888 in twee ordes geklassifiseer na aanleiding van hul heupstruktuur,[1] hoewel baie paleontoloë Saurischia vandag as ’n klade sonder rang klassifiseer.[2] Souriskiums ("met akkedisheupe") word onderskei van die Ornithischia ("met voëlheupe") deurdat hulle hul voorsate se bene in hul heupe behou het.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subgroepe ...
Kitsfeite Kladistiese klassifikasie ...

Sauropodomorpha en Theropoda val in die orde Saurischia. Ornithischia bestaan uit Ceratopsia en dinosourusse soos Parasaurolophus en Corythosaurus.

Alle vleisetende dinosourusse (die teropodes) is souriskiums, asook een van die twee primêre linies van plantetende dinosourusse, die Sauropodomorpha. Aan die einde van die Kryt-periode het alle souriskiums uitgesterf behalwe voëls. Dit staan bekend as die Kryt-Paleogeen-uitwissing.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads