Scotiasee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Scotiaseemap
Remove ads

Die Scotiasee (Engels: Scotia Sea, Spaans: Mar del Scotia) is 'n see van die Suidelike Oseaan tussen Suid-Amerika in die noordweste en Antarktika in die suidweste. Die Scotiasee is in 1932 genoem na die skip Scotia wat die Skotse Nasionale Antarktiese Ekspedisie van 1902–1904 onder leiding van William Speirs Bruce onderneem het.

Thumb
Ligging van die Scotiasee
Scotiasee
Thumb
'n Ysberg in die Scotiasee, 1996
Thumb
Kaart van die Scotiasee
Koördinate:57°30′S 40°0′W
Ligging:tussen Suid-Amerika en Antarktika
Soort:See van die Suidelike Oseaan
Oppervlakte:900 000 km² (350 000 myl²)
Gemiddelde diepte:3 000–4 000 meter (10 000–13 000 voet)
Maksimum diepte:7 900 meter (26 000 voet)
Eiland/e:Falkland-eilande, Suidelike Orkneyeilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, Vuurland

Die Scotiasee is tussen Vuurland en die Falkland-eilande in die noordweste, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande in die ooste, die Suidelike Orkneyeilande in die suide, die Suidelike Shetlandeilande en die Antarktiese Skiereiland in die suidweste asook die Drakedeurgang in die weste geleë. Die Scotiasee grens in die suide aan die Weddellsee. Die see het 'n oppervlakte van sowat 900 000 km² en 'n maksimum diepte van 7 900 m.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads