Sigrid Kaag

Nederlandse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia

Sigrid Kaag
Remove ads

Sigrid Agnes Maria Kaag (gebore 2 November 1961 in Rijswijk) is 'n Nederlandse VN-diplomaat en voormalige politikus van die Demokrate 66-party. Van September 2020 tot Augustus 2023 was sy die D66-party se politieke leier gewees. Sedert 8 Januarie 2024 is sy die VN-gesant vir die heropbou van die Gasastrook.[2]

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...

Kaag het Midde-Oosterse studies en internasionale verhoudinge gestudeer en by die Verenigde Nasies gewerk.

Van Oktober 2017 tot Augustus 2021 was sy die minister vir Buitelandse Handel en Ontwikkelingsamewerking en van Mei tot September 2021 die minister van Buitelandse Sake in die Rutte III-kabinet gewees. Eweso was sy van Maart 2021 tot Januarie 2022 'n lid van die Tweede Kamer gewees. Van Januarie 2022 tot Januarie 2024 was sy die minister van Finansies en eerste adjunk-premier in die Rutte IV-kabinet gewees.[1]

Remove ads

Persoonlik

Kaag het opgegroei in Zeist en woon in Den Haag. Sy het met 'n Palestynse tandarts getrou, het vier kinders en is 'n lid van die Rooms-Katolieke Kerk.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads