Silwerchloried
chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Silwerchloried is 'n gedeeltelik ionogene verbinding van silwer en chloor. Dit kan as 'n sout van die basis silwerhidroksied en van soutsuur beskou word. Die stof kom in die natuur as die mineraal horingsilwer (chlorargiriet) voor.[4]
Remove ads
Oplosbaarheid
Silwerchloried is swak oplosbaar in water. Sy oplosbaarheidsproduk Ksp is 1,6 x 10-10 by 25 °C[5] 'n Versadigde oplossing bevat by hierdie temperatuur slegs 2,0 mg in 'n liter water. Die oplosbaarheid word egter groter teen hoër temperature:[6]
In oplossings van ammoniak, natriumtiosulfaat, ammoniumchloried of natriumchloried is die oplosbaarheid baie groter. Die baie beter oplosbaarheid in tiosulfaat is lank reeds in die fotografie gebruik om beelde te fikseer deur die silwerhalogeniede wat nie aan die lig blootgestel is nie met tiosulfaat te verwyder.[4]
Remove ads
Elektrochemie
Silwerchloried word in die elektrochemie in Ag/AgCl-elektrodes aangewend. Hulle kan as verwysingslektrodes gebruik word, maar ook as werkelektrodes vir die meting van chloriedkonsentrasies, bv. vir die meting van soutkonsentrasies in oseaanwater.[7]
In pH-meters word hulle gebruik as 'n interne verwysingselektrode in 'n KCl/HCl-buffer. Hierdie oplossing word van die analiet geskei deur 'n dun glaswand wat ione (veral hidroniumione) kan uitwissel.[7]
Remove ads
Fotografie
Silwerchloried se liggevoeligheid het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die fotografie gespeel. Seebeck het reeds in 1810 probeer om kleurfotografie te ontwikkel en het silwerchloried as die liggevoelige materiaal aangewend. Ander navorsers soos Becquerel en Niepce het dit in die tydvak 1851-1866 verder ontwikkel.[8]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads