Siret

From Wikipedia, the free encyclopedia

Siret
Remove ads

Die Siret (Oekraïens: Сірет of Серет; Roemeens: Siret, [siˈret], Hongaars: Szeret, Russies: Сирет) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Europa. Die rivier, met 'n lengte van 647 km, vorm die vyfde grootste sytak van die Donau na die Tisza, Sava, Proet en Drava.

Thumb
Die Siret naby Bucecea, Roemenië
Kitsfeite

Die Siret ontstaan deur die saamvloei van Barsuky en Zwarasj in die Boekowina, Tsjerniftsi-oblast, Oekraïne, in die Karpate, net noord van die grens tot Roemenië. Aansluitend maak die rivier 'n skerp boog in 'n noordelike rigting, voordat hy in 'n suidoostelike rigting begin vloei en Roemenië bereik. Hier vloei die Siret vir 559 km[2] regstreeks deur die historiese gebied Moldawië, parallel tot die Proet verder oos met die Karpate in die weste. Aansluitend vloei die rivier meer in 'n oostelike rigting en vorm die noordoostelike grens van die historiese gebied Walachye. Na 'n verdere 416 km mond die Siret naby Galați in die Donau uit, net wes van die Proet se monding in die Donau.

Remove ads

Geskiedenis

In antieke tye is die Siret in Latyn Hierasus en in Antieke Grieks Ιερασός genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads