Drava

From Wikipedia, the free encyclopedia

Drava
Remove ads

Die Drava (Duits: Drau, [ˈdʁaʊ]; Hongaars: Dráva, [ˈdraːvɒ]; Kroaties: Drava, [drǎːʋa]; Sloweens: Drava, [ˈdɾàːʋa]; Latyn: Dravus) is 'n groot oos-vloeiende rivier in suidelike Sentraal-Europa. Die rivier, met 'n lengte van 710 km, vorm die vierde grootste sytak van die Donau na die Tisza, Sava en Proet (volgens sy gemiddelde afloop van 670 m³/s is die Drava die vierde waterrykste takrivier ná die Sava, Tisza en Inn).

Thumb
Bron van die Drava by Toblach, Suid-Tirol, Italië
Thumb
Die Drava in Maribor, Kroasië
Kitsfeite

Die Drava ontspring net noord van die Neunerkofel in die Pustervallei by Toblach, Suid-Tirol, Italië, in die Alpe, net wes van die grens tot Oostenryk. Net wes en in dieselfde vallei ontspring die Rienz, 'n sytak van die Adige. Aansluitend vloei die Drava in 'n oostelike rigting deur Suid-Oostenryk net noord van die grense tot Italië en Slowenië deur die deelstate Tirol en Karintië. Die grootste stad aan die Oostenrykse gedeelte van die Drava, hier Drau genoem, is Villach, net suid van die Karintiese hoofstad Klagenfurt. Aansluitend bereik die Drava Slowenië en vloei deur die stad Maribor, voordat die rivier Kroasië bereik. Hier vorm die Drava vir 'n lang stuk die grens met Hongarye, voordat hy oos van Osijek in die Donau uitmond, oorkant die grens met Serwië.

Remove ads

Geskiedenis

In antieke tye is die Drava Dravus genoem, vergelyk Sanskrit: द्रवति, dravati, "vloei". Die naam is dalk van Keltiese of Illiriese oorsprong. Na die rivier is al deur antieke skrywers soos Plinius die ouere (Draus), Sextus Rufus (Dravus) en Strabo (Drabos) verwys.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads