Slag van Bloedrivier
Veldslag van 16 Desember 1838 te Bloedrivier, Natal, tussen Wenkommando en Zoeloemagte From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het 'n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies. Die Zoeloekrygers, onder Koning Dingaan se regering, is aangevoer deur Dambuza (Nzobo) en Ndlela.[1]
Remove ads
Geskiedenis

Op 15 Desember 1838 het die Voortrekkers inligting verkry dat 'n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het 'n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in 'n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers 'n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle 'n kerk sal bou en die dag as 'n sabbat herdenk en hulle kinders van die dag sal vertel.
Die Zoeloes het die laer herhaaldelik onsuksesvol aangeval totdat Pretorius ná twee uur 'n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling het Pretorius ook 'n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen.
Ten spyte van die feit dat die Voortrekkers vuurwapens teen die Zoeloes se assegaaie gebruik het en 'n goeie ligging gehad het, het hulle steeds geglo dat hulle nie sonder God se hulp sou kon oorleef nie. By ander veldslae het die Britse weermag met duisende opgeleide soldate met selfs beter vuurwapens teen die Zoeloes geveg en het die meeste Britse soldate in die geveg gesneuwel. Uiteindelik is slegs drie Voortrekkers gewond en geen dood nie; dít teenoor meer as 3 000 Zoeloekrygers wat gesterf het. 16 Desember is 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika; voor 1994 was dit as Geloftedag bekend, en tans as Versoeningsdag.
Remove ads
Kulturele erfenis

Die Bloedrivier-slagveld, Plaas Vechtkop 168, Utrecht-distrik, is 'n provinsiale erfenisterrein, en word in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999) beskerm.[2] Op die terrein is 'n replika van die laer wat in koper uitgevoer is, asook 'n ossewa van graniet. Die museum op die terrein het 'n aandenkingwinkel.
Die slag is in die Suid-Afrikaanse epos, Bou van 'n Nasie (1938), verfilm.
Remove ads
Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier.

Hier volg 'n lys van 'n aantal persone wat aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het:
- Hoofkommandant
- Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus (verwys nota 1) (b3c1d5e11)
- Assistent-Hoofkommandant
- Landman, Karel Pieter (b2c10)
- Kommandante
- Jacobs, Pieter Daniel (a15b5c3d8e1)
- De Lange, Johan Hendrik (Hans Dons) (b10c2)
- Potgieter, Jacobus (Koos)
- Erasmus, Stephanus
- Uys, Jacobus Johannes (b1c5d2e4)
- Meyer, Lucas Johannes
- Laerkommandante
- Pretorius, Albertus (ook kannonnier)
- Erasmus, Lourens
- Moolman, Piet (Rooi Piet)
- Fronemann, Christoffel Cornelis (b7)
- Veldkornette
- Steyn, Johannes C.
- Viljoen, Gert
- Pretorius, Hercules Albertus (Bart) (b3c1d5e14)
- Van Staden, Gert (verwys nota 2)
- Lombard, Stephanus
- Scheepers, Jan
- Fourie, Hermanus
- Cowie, William (a1)
- Labuschagne, Casper
- Joubert, Jan (ook kanonnier)
Liggings
- Bloedrivier: -28.105385,30.540684
- Piet Retief se graf: -28.427074, 31.270174
- Dingaan se kraal (Umgungundlovu): -28.436033,31.267480 (28°26'10.6"S 31°15'59.0"O)
Galery
- Die bronsbedekte seremoniële ysterwaens wat min of meer die uitleg van die waens tydens die veldslag uitbeeld.
- Die Geloftekerk, Pietermaritzburg
- Portret van Sarel Cilliers.
- Die Sarel Cilliers-gedenkteken deur beeldhouer Coert Steynberg voor die NG Moederkerk in Kroonstad. Die Sarel Cilliers-museum is nabygeleë.
- Ligstraal op die senotaaf van die Voortrekkermonument op 16 Desember, Geloftedag. Die senotaaf is simbolies van die graf van Piet Retief en sy afvaardiging.
Remove ads
Sien ook
- Die Gelofte
- Geloftedag
- Slag van die Opatikloof, 11 dae later.
Bronne
- le Roux, Francette: Slagveldroete in Noord-Natal. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 35, nr. 4, Julie/Augustus 1990. ISSN 0491-4783
- Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, hersiene uitgawe, deur Cameron & Spies. Human & Rousseau, 1991.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads