Smartisme

From Wikipedia, the free encyclopedia

Smartisme
Remove ads

Smartisme, of die Smarta-tradisie, is ’n beweging in Hindoeïsme wat saam met die Purana-letterkundegenre ontwikkel het.[1] Vyf altare met vyf gelyke gode word aanbid: Vishnu, Shiva, Ganesha, Surya en Devi (Shakti).[1] Die Smarta-tradisie verskil van die ouer Shrauta-tradisie, wat geskoei was op uitgebreide rituele en rites.[1][2] Daar was ’n taamlike oorvleueling van die idees en praktyke van Smartisme met dié van ander Hindoetradisies soos Shaivisme, Vaishnavisme en Shaktisme.[3][4][5]

Thumb
Die vyf belangrike gode van Smartisme: Ganesha (middel), Shiva (links bo), Devi of Durga (regs bo), Vishnu (links onder) en Surya (regs onder).

Die Smarta-tradisie het in die vroeë klassieke tydperk van Hindoeïsme, omstreeks die begin van die Christelike tydperk, ontwikkel toe Hindoeïsme ontstaan het uit die wisselwerking tussen Brahmanisme en plaaslike tradisies.[6][7]

Remove ads

Verwysings

Nog bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads