Sorani
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Sorani (Koerdies: سۆرانی, Soranî) of Sentraal-Koerdies (کوردیی ناوەندی, Kurdîy nawendî), is óf 'n dialek[2][3][4][5][6] óf 'n taal[7][8] van die Koerdiese tale wat in Irak, veral Koerdistan, gepraat word, maar ook in die westelike Irannese provinsies Koerdistan, Kermansja en Wes-Azerbeidjan. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.[9][10]
- Moenie verwar word met Gorani nie.
Die term Sorani, wat na die voormalige Soran-emiraat genoem is, word veral gebruik om te verwys na 'n geskrywe, gestandaardiseerde variant van Sentraal-Koerdies in die Sorani-alfabet wat in die 1920's deur Sa'ed Sidqi Kaban en Taufiq Wahbi uit die Arabiese alfabet ontwikkel is.[11]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
