Zazaki
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Zazaki (Zazakî / Kirmanckî / Kirdkî / Dimilkî)[2] is 'n Indo-Europese taal wat veral in die oostelike Turkye deur die Zaza gepraat word. Die taal behoort aan die Zaza-Gorani-taalgroep van die Irannese tale se noordwestelike tak. Die glossoniem Zazaki het as 'n pejoratief ontstaan[3] en baie Zazas noem hul taal Dimlî.[4]
Terwyl Zazaki in linguistiese opsig nouer verwant is aan Gorani, Gilaki, Talisj, Tati, Mazanderani en Semnani,[5] het Koerdies na eeue se interaksie 'n diepgaande impak op dié taal gehad wat die grense tussen die twee tale vervaag het.[6] Dit en die feit dat die meerderheid Zazas hulself as etniese Koerde beskou,[7][8] het taalkundiges aangemoedig om dié taal as 'n Koerdiese dialek te klassifiseer.[9][10][11][12]
Volgens Ethnologue (wat [Paul 1998] siteer),[13] praat tussen 1,5 en 2,5 miljoen mense Zazaki (insluitende alle dialekte). Volgens Nevins is die aantal Zazaki-sprekers tussen 2 en 4 miljoen.[14]
Remove ads
Voorbeelde
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
