KwaDukuza
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
KwaDukuza is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in KwaZulu-Natal. Die naam van die dorp was voorheen Stanger, maar is in 2006 amptelik gewysig na KwaDukuza.
Remove ads
Geskiedenis

Die huidige dorp is in 1873 gestig en vernoem na William Stanger, die eerste landmeter-generaal van Natal.
Zoeloegeskiedenis
Die dorp speel 'n belangrike rol in die Zoeloes se geskiedenis. Shaka, die groot krygerkoning het twee koninklike krale gebou het wat albei kwaBulawayo (die plek van die een wat vervolg is) genoem was. Hy het ook 'n hoofstad hier gebou wat hy kwaDukuza (plek van die verlorene) genoem het. Daar was ongeveer 2 000 tradisionele hutte in die hoofstad. Shaka is op 22 September 1828 vermoor deur sy twee halfbroers, Mhlangane en Dingane. Hy is hier begrawe en in 1932 het die Zoeloes 'n gedenkteken vir hom opgerig. Die Zoeloes vier jaarliks op 24 September Shakadag.
Remove ads
Distrik
Die dorp is 'n kommersiële sentrum vir een van die grootste suikerplantasies in die land.
Susterstede
Swakopmund, Namibië, sedert 2013.[3]
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
