Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004

From Wikipedia, the free encyclopedia

Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004
Remove ads

'n Wetgewende Verkiesing is in Suid-Afrika gehou op Woensdag, 14 April 2004. Die African National Congress (ANC) van President Thabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.

Thumb
Thabo Mbeki, tweede President van Suid-Afrika
Thumb
Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Hierdie was die derde vrye verkiesing sedert die einde van die apartheidsera. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede is vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika is deur die Nasionale Vergadering verkies ná die verkiesing.

Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 69,7% van stemme in die nasionale stemming verkry, wat hulle teoreties sou toelaat om die grondwet, of enige ander wet, te verander sonder die opposisie se steun. Slegs sowat 56% van die stemgeregtiges het aan die verkiesing deelgeneem, met die ANC wat ondersteuning van sowat 38% van die geregistreerde kiesers geniet.

Die hoofopposisieparty, die Demokratiese Alliansie, het 'n vergrote persentasie op die nasionale stembrief verkry, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party, en het moontlik sommige ondersteuners na Patricia de Lille se nuwe Onafhanklike Demokrate verloor. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999, na 1,7% in die 2004 verkiesing geval; dit kan grootliks toegeskryf word aan hul ondersteuners se ongelukkigheid met die alliansie met die ANC. Die OD het baie dophouers verras deur meer stemme as die NNP te kry, en het sodoende die vyfde-grootste party geword. Die Inkatha-Vryheidsparty het steun verloor, insluitend die grotere meerderheid van hul bastionsprovinsie, KwaZulu-Natal, terwyl die United Democratic Movement ook ondersteuning verloor het — hulle is skaars nog die opposisie in hulle tuiste, die Oos-Kaap.

Remove ads

Uitslag

Thumb
Setels in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika na die 2004-verkiesing

 African National Congress: 279 setels

 Demokratiese Alliansie: 50 setels

 Inkatha-Vryheidsparty: 28 setels

 United Democratic Movement: 9 setels

 Onafhanklike Demokrate: 7 setels

 Nuwe Nasionale Party: 7 setels

 Afrika Christen Demokratiese Party: 7 setels

 Vryheidsfront Plus: 4 setels

 United Christian Democratic Party: 3 setels

 African People’s Convention: 3 setels

 Minority Front: 2 setels

 Azanian People's Organisation: 1 setel

Die hoeveelheid setels aan elke party toegeken is verander nadat die amptelike uitslae aangekondig is; sien betwiste setel ondertoe.

Meer inligting Party (afkorting), Leier ...
Remove ads

Betwiste setel

Die amptelike uitslae was suksesvol deur die ACDP betwis, wat gelei het daartoe dat hulle een setel verkry het wat voorheen aan AZAPO toegeken was [dooie skakel].

Korrupsie-aantygings

Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, het aan die Suid-Afrikaanse Parlementêre ad-hoc komitee oor veiligheid en beskerming rapporteer dat die polisie 'n groep mense gearresteer het met vermeende skakels na Al-Kaïda vyf dae voor die verkiesings, wat vermoedelik van plan was om die verkiesings te ontwrig. Werk wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedoen is, het gelei tot die inhegtenisname van mense in Jordanië, Sirië en die Verenigde Koninkryk. Hoeveelhede Suid-Afrikaanse paspoorte is in Londen gevind, wat die Departement van Binnelandse Sake aan korrupsie sou verbind het.[1]

Provinsiale Verkiesings

Wes-Kaapse uitslae

Meer inligting Party, Leier ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads