Suid-Afrikaanse mode
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Suid-Afrikaanse mode is bekend vir die samesmelting van verskillende style, kulture en reaksies op sosiale omstandighede. Dit is 'n hibriede tussen Afrikamense self en buitelanders waarmee hulle interaksie gehad het. Vanweë die uiteenlopendheid daarvan word geen enkele styl van kleredrag as nasionale kleredrag aangedui nie, maar elke groep mense het 'n kenmerkende manier om hulself aan te trek.[1]
Kaapstad en Johannesburg meeding as die hoofstad van die modebedryf in Suid-Afrika. Beide is by die SA modeweek prominent vertoon.[2][3][4]
Remove ads
Ekonomie
Die Suid-Afrikaanse modebedryf is tans die 37ste grootse modebedryf ter wêreld, met 'n jaarlikse inkomste van VS$ 1,258m.[5]
Afrika se modebedryf het 'n inkomste van omtrent $31 miljard Amerikaanse dollar.[3] Die Suid-Afrikaanse modebedryf het R1 Miljard bygedra na die BBP van Suid-Afrika in 2019.[6] Dit is voorspel dat die Suid-Afrikaanse modebedryf tot VS$ 2 miljoen sal bereik teen 2024.[5]
Top 5 aanlynwinkels volgens netto verkope
Die top-5 aanlynwinkels per e-handel netto verkope (eerste party verkope) in die modebedryf van Suid-Afrika is:[5]
- takealot.com
- zando.co.za
- superbalist.com
- zara.com
- woolworths.co.za
Handelsmerke
Bekende Suid-Afrikaanse modehandelsmerke sluit in onder andere: David Tlale, MaXhosa, Loin Cloth & Ashes, Thula Sindi, Selfi, en Pichulik.[7][8][9]
Remove ads
Ontwerpers
Bekende modeontwerpers uit Suid-Afrika sluit in: Suzaan Heyns, Errol Arendz, Laduma Ngxokolo, Thula Sindi, David Tlale, Abigail Keats, Marianne Fassler, Celeste Lee Arendse, Gert-Johan Coetzee, Amanda Laird Cherry, Jacques van der Watt, Anisa Mpungwe, en Palesa Mokubung.[10][11][12]
Media
Belangrike mode-media van Suid-Afrika sluit in: De Kat, iFashion.co.za, People Magazine SA, en Grazia.
Agentskappe
Belangrike modelagentskappe in Suid-Afrika is: Boss Models, ICE Models, en Twenty Model Management.[13][14]
Modelle
Daar is 'n reeks modemodelle uit Suid-Afrika wat dit tot internasionale roem gemaak het, soos: Candice Swanepoel, David Rosenberg, Charissa du Plessis, Jessica Lee Buchanan, Jason Anthony, Nicole Meyer, Shaun de Wet, Ansolet Rossouw, Chane Husselmann, Nina Milner, Alex Binaris, en Siphosethu Ncise.[15][16]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads