Susilo Bambang Yudhoyono

From Wikipedia, the free encyclopedia

Susilo Bambang Yudhoyono
Remove ads

Susilo Bambang Yudhoyono (gebore 9 September 1949) het vanaf 2004 tot 2014 as die sesde president van Indonesië gedien. Hy was die eerste regstreeks gekose president van Indonesië. In die verkiesing van 2004 verslaan hy die vorige president Megawati Sukarnoputri.

Kitsfeite Vise, Voorafgegaan deur ...

Indonesiërs het nie familiename soos in die Weste gebruiklik is nie. Susilo Bambang Yudhoyono is bekend onder verskillende name: tydens sy tyd as generaal in die leër was hy bekend as Yudhoyono. In die media word hy ook Susilo genoem en in Indonesië is hy bekend as SBY ("EsBeeJee").

Yudhoyono is gebore in Pacitan, Oos-Java en is die seun van 'n offisier in die leër. Hy studeer af aan die Indonesiese Militêre Akademie in 1973 en trou met die dogter van 'n ander leëroffisier. In 1975 neem hy deel aan die Indonesiese inval van Oos-Timor en dien daar vir 'n geruime tyd.

Onder Abdurrahman Wahid word Yudhoyono in 2000 benoem tot Minister van Mynwese. Hy word gou bevorder en gou beklee hy die sleutelposisie van Minister van Veiligheid en Politieke sake. Een van sy take was om die leër uit die politiek te kry. Gegewe Wahid se swak gesondheid is Yudhoyono as die leidende figuur in die Wahid-regering beskou.

Yudhoyono word byna onmiddellik in sy ou funksie deur die nuwe president, Megawati Soekarnoputri herbenoem. Na die bom op Bali in Oktober 2002 lei hy die vervolging en die arrestasies van die (vermoedelike) verantwoordelikes. Hy kry binne sowel as buite Indonesië 'n reputasie as één van die weinige Indonesiese politici wat die oorlog teen terrorisme ernstig opneem.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads