10 Augustus
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
10 Augustus is die 222ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (223ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 143 dae in die res van die jaar.
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |


Gebeure
- 1519 – Ferdinand Magellaan se vyf skepe vaar uit Sevilla in 'n poging om om die aardbol te vaar.
- 1628 – Die Vasa sink in die hawe van Stockholm tydens haar nooiensvaart.
- 1653 – Die Seeslag van Scheveningen gedurende die Eerste Anglo-Nederlandse Oorlog vind plaas.
- 1792 – Franse Rewolusie: opstandelinge bestorm die Tuileries Paleis en 500 Switserse soldate wat die Franse koning verdedig, veg tot die laaste man.
- 1821 – Missouri word die 24ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1913 – Afgevaardigdes teken die Verdrag van Boekarest, en beëindig daarmee die Tweede Balkanoorlog.
- 1964 – Die groeiende militêre krisis en dreigende inval deur Turkye in Siprus word deur 'n Verenigde Nasies bemiddelde skietstilstand afgeweer.
- 1965 – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemster stel 'n wêreldrekord op in die 110 treë-rugslag (tans 100 m); die jongste persoon ooit.
- 1966 – Lunar Orbiter 1 word lanseer en die Maanwentelprogram begin.
- 1972 – Die Daspoorttonnel word amptelik geopen.
- 1984 – Die Mary Decker/Zola Budd voorval in die 3000 m tydens die Olimpiese Spele in Los Angeles.
- 1990 – Die Magellanruimtetuig bereik Venus na 'n 15-maande reis.
- 2003 – Globale verhitting: Brittanje beleef die warmste dag ooit met temperature van meer as X grade Celsius, (100 grade Fahrenheit).
- 2005 – Die Verenigde State en die Afrika-Unie eis die herroeping van 'n staatsgreep in Mauritanië.
Remove ads
Geboortes
- 1783 – Louis Tregardt, een van die eerste Voortrekkerleiers († 1838).
- 1814 – Henri Nestlé, grondlegger van die gelyknamige lewensmiddelmaatskappy, Nestlé, en uitvinder van melkpoeier († 1890).
- 1897 – Piet Bakker, Nederlandse skrywer en joernalis († 1960).
- 1903 – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser († 1939).
- 1927 – Vittorio Gregotti, Italiaanse argitek († 2020).
- 1928 – Willie Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party sedert 2001 († 2007).
- 1874 – Herbert Hoover, 31ste President van die Verenigde State († 1964).
- 1949 – Gill Marcus, Suid-Afrikaanse oudpolitikus en sakevrou.
- 1956 – Peter Robbins, Amerikaanse kinderakteur en stemakteur († 2022).
- 1959 – Rosanna Arquette, Amerikaanse aktrise, regisseuse, en vervaardiger.
- 1960 – Antonio Banderas, Spaanse akteur.
- 1978 – Karen Zoid, Afrikaanse musikant.
- 1990 – Lucas Till, Amerikaanse akteur.
Remove ads
Sterftes
- 353 – Keiser Magnentius pleeg selfmoord (c. 303).
- 1896 – Otto Lilienthal, die Duitse lugvaartpionier sterf na 'n ongeluk met een van sy sweeftuie (* 1848).
- 1933 – Joel Krige, Speaker van die Unie van Suid-Afrika (* 1868).
- 1945 – Robert Goddard, Amerikaanse vuurpylpionier (* 1882).
- 1966 – J.C. Bloem, Nederlandse digter en essayis (* 1887).
- 1987 – Uys Krige, Suid-Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg (* 1910).
- 1995 – Leo Apostel, Belgiese filosoof (* 1925).
- 2008 – Isaac Hayes, Amerikaanse musikant (* 1942).
- 2015 – Dr. Berna Ackerman, Suid-Afrikaanse skrywer en musiekdosent (* 1935).
- 2018 – Koos Human, Suid-Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner (* 1931).
- 2019 – Jeffrey Epstein, Amerikaanse multimiljoenêr (* 1953).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 August. |
- Feesdag van Sint Sixtus II in die Ortodokse Kerk.
- Internasionale biodieseldag
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads