23 Oktober
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
23 Oktober is die 296ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (297ste in skrikkeljare). Daar volg nog 69 dae in die res van die jaar.
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
Gebeure

- 502 – Theodoric se sinode vind plaas wat Pous Simmachus van sy pligte ontneem.
- 1911 – ’n Italiaanse vliegtuig vlieg vanaf Libië om Turkse linies te verken tydens die Italiaans-Turkse Oorlog; dit is die eerste gebruik van ’n vliegtuig in oorlogvoering.
- 1956 – Die Hongaarse Opstand begin in Boedapest, Hongarye.
- 1958 – Die Belgiese strokiesprenttekenaar Peyo stel die strokiesprentkarakters The Smurfs bekend.
- 1977 – Die NG-predikant Andries Brand (40) en sy vrou word vermoor deur terroriste naby Que Que in Rhodesië.
- 1983 – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee kasernes in Beiroet, Libanon. 241 Amerikaanse mariniers en 58 Franse valskermsoldate van die internasionale vredesmag sterf.
- 2002 – Tsjetsjniese rebelle beset ’n stampvol teater in Moskou, en neem ongeveer 700 teatergangers en verhoogkunstenaars as krygsgevangenes in die Moskou-teaterkrygsgevangenekrisis.
- 2011 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 8–7 en wen sodoende die sewende Rugbywêreldbeker in Nieu-Seeland.
Remove ads
Geboortes
- 1715 – Pieter II van Rusland († 1730).
- 1756 – François Chabot, radikale politikus tydens die Franse Rewolusie († 1794).
- 1873 – Jacobus du Plessis, Afrikaanse professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1935).
- 1875 – Carl Petterson, Sweedse seeman en avonturier († 1937).
- 1905 – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster († 1997).
- 1907 – Karl Kielblock, Afrikaanse skrywer († 1991).
- 1929 – Nicolaas Johan Nieuwoudt, geneesheergeneraal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens van 1977 tot 1988 († 1989).
- 1932 – Piet Marais, Suid-Afrikaanse advokaat en NP-politikus († 2001).
- 1940 – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler, dikwels beskryf as die beste speler van alle tye († 2022).
- 1941 – Mel Winkler, Amerikaanse akteur († 2020).
- 1945 – Bernard Nottage, ginekoloog, politikus en Olimpiese atleet uit die Bahamas († 2017).
- 1952 – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.
- 1970 – Grant Imahara, Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder († 2020).
Remove ads
Sterftes
- 42 v.C. – Marcus Junius Brutus, Romeinse senator (* 85).
- 1897 – Georges de Layens, Franse plantkundige en byeboer (* 1834).
- 1930 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1858).
- 1933 – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf (* 1868).
- 1950 – Al Jolson, Amerikaanse sanger en akteur (* 1886).
- 1994 – Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog (* 1916).
- 2003 – Vlasta Depetrisová, vroue-tafeltennisspeler uit Tsjeggo-Slowakye (* 1920).
- 2004 – Robert Merrill, Amerikaanse operasanger (* 1917).
- 2010 – Bob Courtney, Suid-Afrikaanse akteur en omroeper (* 1923).
- 2014 – Abie Malan, Suid-Afrika se 30ste Springbokkaptein (* 1935).
- 2018 – James Karen, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 2022 – Eric Nobbs, Suid-Afrikaanse akteur (* 1954).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 Oktober. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads