Swaeldioksied
chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Swaeldioksied is 'n chemiese verbinding van swael en suurstof met die chemiese formule SO2. By kamertemperatuur is dit 'n kleurlose gas met 'n stekende, verstikkende reuk.
Die gas word by verbranding van swael gevorm:
Die swaelatoom het 'n oksidasiegetal van +4 in hierdie molekuul, wat nie die hoogste moontlike waarde is nie. Dit wil sê dat dit nog met suurstof kan reageer en swaweltrioksied kan vorm volgens:
Hierdie reaksie is nogtans slegs in aanwesigheid van 'n katalisator soos vanadium(V)oksied V2O5[3] moontlik.
Swaeldioksied is 'n taamlik sterk Lewis-suur wat met water swaeligsuur H2SO3 vorm:
Hierdie reaksie kan ekologiese gevolge inhou. Die verbranding van brandstowwe wat swael bevat, soos steenkool of olie, stel swaeldioksied vry wat in die water van riviere en mere oplos.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads