Sweedse kroon

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Sweedse kroon (Sweeds: krona, meervoud: kronor) is die geldeenheid van Swede.

Meer inligting Rang, Geldeenheid ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
2 Sweedse kroone 1897

Die kroon is as gevolg van die Skandinawiese Monetêre Unie in 1873 ingevoer en het sodoende die Riksdaler as wettige betaalmiddel vervang. Die kroon het tot by die Eerste Wêreldoorlog as die gemeenskaplike geldeenheid van Swede, Noorweë en Denemarke gedien. Al drie lande het ná die ontbinding van hul monetêre unie besluit om hul nuwe en onafhanklike nasionale geldeenhede steeds ”kroon“ te noem en 'n vaste wisselkoers volgens die goudstandaard toe te pas.

Remove ads

Banknote en muntstukke

Op die Sweedse een-kroon-muntstuk word tradisioneel die portret van die Sweedse monarg of monargin op een en die staatswapen (of die koninklike kroon) op die ander kant afgebeeld. Daarnaas verskyn ook die koninklike leuse op die muntstuk.

Die historiese voorlopers was die „Riksdaler“ (wat in 48 ”Skilling Banco“ opgedeel is). Die nuwe Riksdaler is vanaf 1858 in 100 öre opgedeel.

Meer inligting Geldwaarde, Portret ...
Meer inligting Geldwaarde, Afbeelding ...

Volgens 'n besluit van die Sweedse parlement is die 50-öre-muntstuk op 30 September 2010 afgeskaf.[3]

Remove ads

Notas

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads