Taalkommissie

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (voor 1964 bekend as die Spellingkommissie) is die de facto-liggaam vir die standaardisering van Afrikaans. Die Taalkommissie is verantwoordelik vir die saamstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), 'n naslaanwerk oor Afrikaans se skryf- en spellingwyses.

Voorsitters van die Taalkommissie

Meer inligting Van en voorletter(s), Begindatum ...
Remove ads

Lede van die Taalkommissie

Meer inligting Voornaam en van, Van en voorletter(s) ...
Remove ads

Taalkommissies verantwoordelik vir die AWS

Die Spellingkommissie van die 1917-AWS (eerste/tweede uitgawe)

  • Jan F.E. Celliers
  • J.D. du Toit
  • C.J. Langenhoven
  • T.H. le Roux (konvener) (ook lid van die Woordelijs-kommissie)
  • D.F. Malherbe (ook lid van die Woordelijs-kommissie)
  • Gustav S. Preller
  • W.M.R. Malherbe
  • Johannes J. Smith (slegs lid van die Woordelijs-kommissie)

Die Spellingkommissie van die 1921-AWS (derde uitgawe)

  • D.B. Bosman
  • Jan F.E. Celliers
  • J.D. du Toit
  • C.J. Langenhoven
  • T.H. le Roux
  • D.F. Malherbe
  • Gustav S Preller
  • Johannes J. Smith

Die Spellingkommissie van die 1931-AWS (vierde uitgawe)

  • D.B. Bosman
  • Jan F.E. Celliers
  • J.D. du Toit
  • C.J. Langenhoven
  • T.H. le Roux
  • D.F. Malherbe
  • Gustav S. Preller

By die spelreëls was ook vir die eerste keer 'n bylae oor leestekens. Hierdie is deur A.C. Bouman opgestel. Dit is onduidelik of A.C. Bouman in dié tydperk lid was van die Taalkommissie.

Die Spellingkommissie van die 1937-AWS (vyfde uitgawe)

Die Spellingkommissie van die 1953-AWS (sesde uitgawe)

  • S.P.E. Boshoff
  • S.J. du Toit
  • L.W. Hiemstra
  • Willem Kempen
  • T.H. le Roux
  • D.F. Malherbe
  • Johannes du Plessis Scholtz

Die Taalkommissie van die 1964-AWS (sewende uitgawe)

  • S.P.E. Boshoff (voorsitter)
  • M de Villiers
  • S.J. du Toit
  • L.W. Hiemstra
  • Willem Kempen (sekretaris)
  • G.J. Labuschagne
  • T.H. le Roux
  • D.F. Malherbe
  • J.S.B. Marais
  • G.S. Nienaber
  • F.F. Odendal
  • F.J. Snijman
  • S. Strydom
  • H.J. Terblanche
  • H.J.J.M. van der Merwe

Die Taalkommissie van die 1991-AWS (agtste uitgawe)

  • T.J.R. Botha (ondervoorsitter)
  • Johan Combrink
  • Hans du Plessis
  • Louis Eksteen
  • Rufus Gouws
  • D.C. Hauptfleisch (sekretaris)
  • Francois Odendal (voorsitter)
  • Anton Prinsloo
  • Jarries van Jaarsveld
  • Christo van Rensburg

In die Voorwoord van die 1991-AWS word ook erkenning gegee aan die volgende oud-Taalkommissielede (in alfabetiese volgorde) wat oor 'n korter of langer tyd sedert 1964 bydraes gelewer het:

  • S.P.E. Boshoff
  • Willem de Klerk
  • Meyer de Villiers
  • S.J. du Toit
  • L.W. Hiemstra
  • Willem Kempen
  • G.J. Labuschagne
  • T.H. le Roux
  • J.E. Loubser
  • D.F. Malherbe
  • J.S.B. Marais
  • Gawie Nienaber
  • Fritz Ponelis
  • M.J. Posthumus
  • F.J. Snijman
  • S Strydom
  • H.J. Terblanche
  • H.J.J.M. van der Merwe
  • H Venter

In dié voorwoord word A Coetser (adjunksekretaris) en Leon de Stadler ook vir hulle sekretariële hulp bedank. Dit is onduidelik of die twee persone in die tydperk lid was van die Taalkommissie.

Die Taalkommissie van die 2002-AWS (negende uitgawe)

  • Mariëtta Alberts
  • Johan Anker
  • Wannie Carstens
  • Anna Coetzee
  • Ernst Kotzé
  • Frikkie Lombard
  • Tom McLachlan
  • Anton Prinsloo (voorsitter)

Hierdie lede (insluitende Johan Combrink (postuum)) ontvang almal in 2003 die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

In die Voorwoord van die 2002-AWS word ook erkenning gegee aan die volgende Taalkommissielede (in alfabetiese volgorde):

  • Adelia Carstens
  • Johan Combrink
  • Leon de Stadler
  • Hans du Plessis
  • Louis Eksteen
  • Ilse Feinauer
  • Rufus Gouws
  • D.C. Hauptfleisch
  • Christo van Rensburg
  • Tony Links
  • Francois Odendal
  • Larry Pokpas
  • C.J. Scheffer
  • Joey Swanepoel
  • Piet Swanepoel
  • Jarries van Jaarsveld
  • Dirk van Schalkwyk

Die Taalkommissie van die 2009-AWS (tiende uitgawe)

Thumb
Taalkommissie: Augustus 2006
  • Mariëtta Alberts
  • Johan Anker
  • Madaleine du Plessis
  • Ernst Kotzé (voorsitter)
  • Frikkie Lombard (sekretaris)
  • Tom McLachlan (ondervoorsitter)
  • Annél Otto
  • Gerhard van Huyssteen

Hierdie lede ontvang almal in 2009 die C.L. Engelbrechtprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

In die Voorwoord van die 2009-AWS word ook erkenning gegee aan die volgende Taalkommissielede (in alfabetiese volgorde):

  • Wannie Carstens
  • Anna Coetzee
  • Anton Prinsloo
  • Elvis Saal

Die Taalkommissie van die 2017-AWS (elfde uitgawe)

Thumb
Taalkommissie: April 2010

In die Voorwoord van die 2017-AWS word ook erkenning gegee aan die volgende Taalkommissielede (in alfabetiese volgorde):

  • Mariëtta Alberts
  • Johan Anker
  • Madaleine du Plessis
  • Ernst Kotzé
  • Tom McLachlan
  • Annél Otto
  • Gerhard van Wyk

Die Taalkommissie van 2017-2021

Die Taalkommissie wat vanaf 2018 tot 2021 gedien het, het bestaan uit:

  • Leona Compion (2018–2021)
  • Gerda Engelbrecht (2018–2021)
  • Sophia Kapp (2013–2021)
  • Jana Luther (2013–2021) (sekretaris: 2018–2021)
  • Fred Pheiffer (2018–2021)
  • Suléne Pilon (2010–2021) (sekretaris: 2012–2017; ondervoorsitter: 2018–2021)
  • Marius Swart (2021)
  • Gerhard van Huyssteen (2005–2021) (sekretaris: 2011–2012; ondervoorsitter: 2012–2013; voorsitter: 2013–2021)

Doelwitte van dié Taalkommissie was onder andere om die AWS toegankliker vir jonger gebruikers te maak. Tot en met 2021 is die woordelys grondig herwerk, sodat dit in die toekoms makliker sou kon wees om inligting in die lys na te slaan. Die struktuur van die res van die inhoud in die AWS is ook herwerk en in 'n nuwe formaat gegiet. Aan die einde van die termyn van dié TK is geen van die uitsette egter gepubliseer nie en is die inligting aan 'n nuwe TK oorhandig.

Die volgende lede het gedurende hierdie termyn van die Taalkommissie uitgetree:

  • Chris Banda (2019–2021)
  • Frikkie Lombard (1995–2020) (sekretaris: 1995–2010)
  • Marné Pienaar (2013–2021)
Remove ads

Die huidige Taalkommissie

In 2020 het die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns – op aanbeveling van die Taalkommissie – besluit om die struktuur, aanstelling/benoeming en werkswyse van die Taalkommissie ingrypend te verander. Veranderinge sluit in die aanstel van 'n Taalkommissieadviespaneel, bestaande uit 100 lede, om die Taalkommissie van advies te voorsien. Taalkommissielede word ook van 2022 af nie meer vir aanstelling benoem deur bestaande lede nie, maar word, na afloop van 'n aansoek- en onderhoudproses, deur die raad in spesifieke portefeuljes aangestel. Aangestelde lede verdien van 2022 af ook 'n honorarium vir hul Taalkommissiewerk.

Die Taalkommissie wat vir die termyn 2022 tot 2024 aangestel is, is:

  • Annelise de Vries (2022)
  • Jaco du Toit (2022)
  • Jana Luther (2013–2022) (sekretaris: 2018–2022)
  • Fred Pheiffer (2018–2022)
  • Suléne Pilon (2010–2022) (sekretaris: 2012–2017; ondervoorsitter: 2018–2021; voorsitter: 2022)
  • Monique Rabé (2022)
  • Marius Swart (2021–2022) (ondervoorsitter: 2022)
Remove ads

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads