F.F. Odendal

From Wikipedia, the free encyclopedia

F.F. Odendal
Remove ads

Prof. Francois Frederik Odendal (1926–2013) was 'n Afrikaanse taalkundige en leksikograaf. Hy was die eerste hoogleraar in Afrikaanse taalkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en was van 1971 tot 2005 die hoofredakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).[1]

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Thumb
'n HAT met Odendal se van op die rugkant.

Odendal was dekades lank 'n lid, en later ook die voorsitter, van die Taalkommissie, die liggaam wat verantwoordelik is vir die opstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. In 1984 het die Taalkommissie onder sy voorsitterskap die vertalende Lys van klassieke eiename gepubliseer.

Hy het ook 25 jaar lank op die destydse komitee vir taaladvies van die SAUK gedien, waar hy 'n bydrae tot onder meer nuutskeppings gelewer het. Die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap is in 1985 aan hom toegeken.

Odendal is op Saterdag 6 April 2013 in Kaapstad oorlede.[2]

Remove ads

Bibliografie

Van sy publikasies sluit in:

  • Die struktuur van die Afrikaanse wortelmorfeem, HAUM, 1962
  • Taal as sisteem, RAU, 1969
  • Aspekte van taal, Nasou, 1973
  • Keurige Afrikaans (mede-outeur), Nasou, 1986
  • Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (tweede en derde uitgawes), Perskor, 1979 en 1994.
  • Kort taalkundige reis deur N. P. van Wyk Louw, RAU, 1987
  • Afrikaans op sy beste (mede-outeur: A.F. Prinsloo), Van Schaik, 1995
  • Kernwoordeboek, Maskew Miller Longman, 2000
  • Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (Mede-outeur: R. H. Gouws), vierde uitgawe, Maskew Miller Longman, 2000
  • HAT Verklarende woordeboek (mede-outeur: R. H. Gouws), Pearson, 2005
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads