Tetradragme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die tetradragme is 'n silwermuntstuk uit antieke Griekeland wat gelyk was aan vier dragme.[1] Dit was van 510 tot 38 v.C. in algemene omloop.[2]
Geskiedenis
Baie tetradragme wat nou nog bestaan, is gemunt deur die polis Athene vanaf omtrent die middel van die 5de eeu v.C.; die gewilde muntstuk is algemeen gebruik in transaksies deur die hele antieke Griekse wêreld, ook in stede wat Athene polities teëgestaan het.[2] Baie tetradragme bestaan vandag nog, aangesien dit meestal in groepe van tien tetradragme vasgemaak is en tussen skepe geruil is. Athene het silwermyne gehad wat deur die staat beheer is, wat die silwer voorsien het. Die Atheense tetradragme is gestempel met die kop van Athena op die voorkant, en op die agterkant 'n uil, die simbool van Athene, met 'n olyftakkie en 'n sekelmaan. Die ontwerp is vir meer as twee eeue grotendeels onveranderd gehou, teen watter tyd dit stilisties verouderd was. Om hulle geld te onderskei van hulle mededinger Egina, het Athene die tetradragme gemunt volgens die "Attiese" standaard van 4,3 gram per dragme.
Die gebruik van die tetradragme as geldeenheid is deur die leër van Alexander die Grote versprei deur die Hellenistiese gebiede van die hedendaagse Iran en Indië.[3]
Remove ads
Beelde
- Die voor- en agterkant van 'n Atheense tetradragme van ná 499 v.C.
Verwysings
Eksterne skakels
Bron
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads