Texas Instruments
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Texas Instruments (TI) is 'n Amerikaanse produsent van halfgeleiers en rekenaartegnologie. Die maatskappy se hoofkantoor is in Dallas, Texas in die Verenigde State van Amerika geleë. In 2005 was hulle die grootste vervaardiger van mikroskyfies vir selfone ter wêreld.

Remove ads
Geskiedenis
Op 6 Desember 1941 neem Cecil H. Green, J. Erik Jonsson, Eugene McDermott en Patrick E. Haggerty die maatskappy Geophysical Service Incorporated oor. Hulle het tydens die Tweede Wêreldoorlog produkte onder dié naam aan die Amerikaanse weermag gelewer. Vanaf 1951 verskaf die maatskappy nie meer produkte aan die Amerikaanse weermag nie en is die maatskappy se naam na Texas Instruments verander.
Texas Instruments het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die persoonlike rekenaar en die sakrekenaar gespeel. Navorser Jack Kilby ontwikkel in 1958 die geïntegreerde stroombaan, die mikroskyfie. Die het 'n nuwe wêreld van sakrekenaars en rekenmasjiene ontsluit.
Remove ads
Produkte
Texas Instruments vervaardig allerlei tipes elektronika, insluitend sakrekenaars, mikroskyfies vir selfone, modems en digitale kameras. Die maatskappy het ook tot 1997 rekenaars gemaak. Die rekernaarafdeling is egter in 1997 deur Acer oorgeneem. Hulle fokus sedertdien op verwerkers vir veral selfone en later ook vir tablette.
Verwysings
Bibliografie
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
