Therapsida

From Wikipedia, the free encyclopedia

Therapsida
Remove ads

Therapsida, of die terapsides, is ’n groep sinapsides en sluit soogdiere en hul voorsate in.[1][2] Baie van die kenmerke wat vandag beskou word as uniek aan soogdiere, was reeds by die vroeë terapsides aanwesig – ook die regop houding. Die vroegste fossiel wat as Therapsida geklassifiseer is, is Tetraceratops insignis uit die Vroeë Perm-periode.[3][4] Alhoewel die soogdieragtige reptiele in dieselde tyd as sommige vroeë dinosourusse geleef het, is die twee groepe nie te verwar nie. Laasgenoemde was naamlik archosaurusse, 'n groep in Diapsida.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Kitsfeite Kladistiese klassifikasie, Klades ...
Remove ads

Herkoms en diversiteit

Thumb
’n Skets van ’n Pristerognathus, ’n katgrootte terosefaliër-terapside

Terapsides het 275 miljoen jaar gelede ontwikkel uit die uitgestorwe orde Pelycosauria (meer spesifiek uit Sphenacodontia). Hulle het die pelikosouriërs in die Middel-Perm vervang as die oorheersende landdiere en is op hul beurt in die Trias deur die archosouromorfe vervang, hoewel een groep terapsides, Kannemeyeriiformes, nog in die Laat-Trias volop was. Die terapsides het Cynodontia ingesluit, die groep wat in die Laat Trias sowat 225 miljoen jaar gelede gelei het tot die soogdiere. Van die terapsides wat nie soogdiere was nie, het net Cynodontia en Dicynodontia die Trias-Jura-uitwissing oorleef. Die laaste groep van dié diere, Tritylodontidae, het in die Vroeë Kryt uitgesterf, sowat 100 miljoen jaar gelede.

Remove ads

Eienskappe

Hoewel die vroeë terapsides se skedels baie soos dié van hul pelikosouriër-voorsate lyk, is daar verskille in die res van die lyf.

Pote en voete

Hul pote is meer vertikaal onder die lyf geleë as die uitgespreide pote van reptiele en pelikosouriërs. Die voete was meer simmetries, met die eerste en laaste tone kort en die middelste tone langer. Dit is ’n aanduiding dat die as van die voet parallel met die dier se lyf was en nie na die kant uitgesprei nie. Dit sou aan hulle ’n meer soogdieragtige houding gegee het as die akkedisagtige houding van die pelikosouriërs.[5]

Kake en tande

Terapsides se openings by hul slape is groter as by pelikosouriërs. Die kake van sommige terapsides is ingewikkelder en sterker, en hul tande bestaan uit verskillende soorte: voortande om te byt, groot oogtande om te skeur en kiestande om te kou.

Remove ads

Taksonomie

Klassifikasie

Thumb
Biarmosuchus (’n lid van Biarmosuchia )
Thumb
Estemmenosuchus (’n lid van Dinocephalia)
Anteosaurus (’n lid van Anteosauria)
Thumb
Inostrancevia (’n lid van Gorgonopsia)
Thumb
Bauria (’n lid van Therocephalia)
Oligokyphus (’n lid van Cynodontia)
  • Klas Synapsida
  • ORDE THERAPSIDA*
    • ?Familie †Tetraceratopsidae
    • Suborde †Biarmosuchia*
      • Familie †Biarmosuchidae
      • Familie †Eotitanosuchidae
    • Eutherapsida
      • Suborde †Dinocephalia
        • Familie †Estemmenosuchidae
        • ?Infraorde †Anteosauria
          • Familie †Anteosauridae
          • Familie †Brithopodidae
          • Familie †Deuterosauridae
          • Familie †Syodontidae
          • ?Familie †Stenocybidae
        • Tapinocephalia
          • Familie †Styracocephalidae
          • Familie †Tapinocephalidae
          • Familie †Titanosuchidae
      • Neotherapsida
        • Suborde †Anomodontia*
          • Superfamilie †Venyukoviamorpha
            • Familie †Otsheridae
            • Familie †Venyukoviidae
          • Infraorde †Dromasauria
            • Familie †Galeopidae
          • Infraorde †Dicynodonta
            • Familie †Endothiodontidae
            • Familie †Eodicynodontidae
            • Familie †Kingoriidae
            • (Geen rang) †Diictodontia
              • Superfamilie †Emydopoidea
                • Familie †Cistecephalidae
                • Familie †Emydopidae
              • Superfamilie †Robertoidea
                • Familie †Diictodontidae
                • Familie †Robertiidae
            • (Geen rang) †Pristerodontia
              • Familie †Aulacocephalodontidae
              • Familie †Dicynodontidae
              • Familie †Kannemeyeriidae
              • Familie †Lystrosauridae
              • Familie †Oudenodontidae
              • Familie †Pristerodontidae
              • Familie †Shanisiodontidae
              • Familie †Stahleckeriidae
        • Theriodontia*
          • Suborde †Gorgonopsia
            • Familie †Gorgonopsidae
          • Eutheriodontia
            • Suborde †Therocephalia
              • Familie †Lycosuchidae
            • (Geen rang) †Scylacosauria
              • Familie †Scylacosauridae
            • Infraorde †Eutherocephalia
              • Familie †Hofmeyriidae
              • Familie †Moschorhinidae
              • Familie †Whaitsiidae
              • Superfamilie Baurioidea
                • Familie †Bauriidae
                • Familie †Ericiolacteridae
                • Familie †Ictidosuchidae
                • Familie †Ictidosuchopsidae
                • Familie †Lycideopsidae
            • Suborde Cynodontia*
              • Familie †Dviniidae
              • Familie †Procynosuchidae
              • (Geen rang) Epicynodontia
                • Familie †Galesauridae
                • Familie †Thrinaxodontidae
                • Infraorde Eucynodontia
                  • (Geen rang) †Cynognathia
                    • Familie †Cynognathidae
                    • Familie †Diademodontidae
                    • Familie †Traversodontidae
                    • Familie †Trirachodontidae
                    • Familie †Tritylodontidae
                  • (Geen rang) Probainognathia
                    • Familie †Chinquodontidae
                    • Familie †Probainognathidae
                    • (Geen rang) †Ictidosauria
                      • Familie †Tritheledontidae
                    • (Geen rang) Mammaliaformes

Filogenie

Synapsida 

†Caseasauria


 Sphenacodontia 

†Sphenacodontidae


 Therapsida 

Tetraceratops



 †Biarmosuchia 

†Eotitanosuchidae



†Phthinosuchidae



 Eutherapsida 
 †Dinocephalia 

†Anteosauria



†Tapinocephalia



 Neotherapsida 
 †Anomodontia 

†Dromasauria



†Dicynodontia



 Theriodontia 
 †Gorgonopsia 

Lycaenops



Inostrancevia



 Eutheriodontia 
 †Therocephalia 
 †Eutherocephalia 

Bauria




 Cynodontia 

Mammalia











Remove ads

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads