Tirol

From Wikipedia, the free encyclopedia

Tirol
Remove ads

Tirool (soms Tirol) is 'n deelstaat van die Republiek Oostenryk. Innsbruck is die hoofstad en met 'n bevolking van 131 358 (2023) die grootste stad van Tirool. Die deelstaat Tirool bestaan uit die twee afsonderlike dele Noord-Tirool en Oos-Tirool. Suid-Tirool en Trentino moes ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918 aan Italië afgestaan word en vorm, nadat die Republiek Oostenryk dekades lank as beskermende buitelandse moontlikheid daarop aangedring het dat die kulturele en taalregte van Duitssprekende Suid-Tirolers in formele Italiaanse wetgewing verskans moet word, tans die outonome gebied Trentino-Suid-Tirool. Die Oostenrykse deelstaat Tirool en die Italiaanse outonome gebied Trentino-Suid-Tirool vorm nou die Europese streek Tirool vir die doel van samewerking.

Meer inligting Landsvlag, Landswapen ...
Remove ads

Geschiedenis

Thumb
Die historiese gebied van Tirool voor 1918, nou identies aan die Europese streek Tirool
Thumb
Topografiese kaart van Tirool

Tirool beslaan 'n oppervlakte van 12 648,37 km² en het 'n bevolking van 771 304 in 2023 gehad. Tirool is in 1919 ná die ontbinding van Oostenryk-Hongarye gestig en is in die suidweste van Oostenryk geleë. Dit grens aan die deelstate Vorarlberg in die weste, Salzburg in die ooste en Karintië in die suidooste. In die noorde grens dit aan Duitsland (Beiere), in die suidweste aan Switserland en in die suide aan Italië (Suid-Tirool).

Remove ads

Administratiewe distrikte

  • Noord-Tirool
    • Imst
    • Innsbruck Stadt
    • Innsbruck Land
    • Kitzbühel
    • Kufstein
    • Landeck
    • Reutte
    • Schwaz
  • Oos-Tirool
    • Lienz

Stede

Meer inligting Stad, Bevolking (2023) ...

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads