Turku

From Wikipedia, the free encyclopedia

Turku
Remove ads

Turku (Fins: [ˈturku], ; Sweeds: Åbo, [ˈoːbu], ) is 'n stad en munisipaliteit aan die suidweskus van Finland. Met 'n oppervlakte van 306,36 vierkante kilometer en 'n bevolking van 197 900 (2022) is dit die sesde grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda) en Oulu (Uleåborg), asook die sentrum van die derde grootste metropolitaanse gebied na Helsinki en Tampere met 'n bevolking van meer as 300 000.

Thumb
Die domkerk van Turku
Thumb
Die kasteel van Turku
Meer inligting Europese Kultuurhoofstad 2011Euroopan kulttuuripääkaupunki 2011 ...

Turku is die oudste stad van Finland en het tot en met 1812 ook as die hoofstad van die land gefungeer. Turku was daarnaas ook die setel van Finland se eerste universiteit, die Sweedstalige Åbo Akademi. Ook die Universiteit van Finland is hier gestig, maar in 1828 na Helsinki verskuif.

Nadat die Sweedse koning Gustav Wasa in 1525 stadstatus aan Turku verleen het, was dit eeue lank 'n beduidende sentrum van Finland se Sweedssprekende gemeenskap. Die stad is vandag nog steeds amptelik tweetalig, tog is Sweeds tans 'n minderheidstaal wat deur 5,2 persent van die bevolking gepraat word.

Turku is 'n beduidende seehawe (met veerbootverbindings na Mariehamn op Åland en na Stockholm), die setel van 'n universiteit en 'n Evangelies-Lutherse aartsbiskop. Saam met die Estniese hoofstad Tallinn is Turku as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

'n Aantal brande het baie van die ouer geboue in Turku vernietig; die 13de eeuse katedraal, wat in 1827 deur 'n brand verniet is, is onmiddellik herbou en is die setel van die Aartsbiskop van Finland. Die ou kasteel, waarvan die oudste deel ook in die 13de eeu gebou is, huisves 'n historiese museum.

Remove ads

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads