Ubuntu Party

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Ubuntu Party is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat gestig is deur die skrywer en liedjieskrywer Michael Tellinger.[1] Die party is gebaseer op die beginsels van Ubuntu. Die party het homself ten doel gestel werkloosheid heeltemal uit te wis deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank te sluit en dit te vervang dit met 'n Volksbank wat rente-vrye lenings sal verstrek en die bou van massiewe openbare werke sal finansier. Ook wil die party elektrisiteit van Eskom gratis maak. Volgens die party is dit onregverdig om te betaal vir elektrisiteit. Aangesien die staat Eskom besit, word dit volgens die Ubuntu Party deur die mense van Suid-Afrika besit.[2] Hulle is ook van plan geheel ontslae te raak van die owerheidsdienste.

Kitsfeite Leier, Slagspreuk ...

Die party het op nasionale vlak deelgeneem aan die algemene verkiesing van 2014. Die tweede op die lys van kandidate was Stephen Goodson,[3][4] wat ook die leier is van die Afskaffing van Inkomstebelasting en -Rente Party en 'n voormalige direkteur van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank is. Goodson is omstrede vir sy Holocaust-ontkenning.[5]

In 'n plasing op sosiale media in 2020 het die party opgemerk dat hulle nie meer aktief in die politiek is nie en sedert 2016 nie aan 'n verkiesing deelgeneem het nie.[6]

Remove ads

Verkiesingsuitslae

Nasionale verkiesings

Meer inligting Verkiesing, Stemme ...

Munisipale verkiesings

Meer inligting Verkiesing, Stemme ...

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads