Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 is 'n algemene verkiesing wat op 7 Mei 2014 in Suid-Afrika gehou is. Dit was die vierde volledig-demokratiese verkiesing sedert die einde van apartheid in 1994.
Remove ads
Agtergrond





Volgens die Grondwet van Suid-Afrika moet 'n verkiesing minstens elke vyf jaar plaasvind. Die doel van die verkiesing is om 'n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers te verkies. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 lede wat deur eweredige verteenwoordiging verkies word en wat op hulle beurt die president van die land verkies.
Remove ads
Politieke partye
Die regerende African National Congress (ANC) met die ondersteuning van die drieledige alliansie met die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde (COSATU) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sedert 1994 die meerderheid van die setels in die Nasionale Vergadering. In 1999 en 2004 het die steun effens toegeneem maar in 2009 van 69% na 65,9% afgeneem. Die ANC is gelei deur Jacob Zuma wat in 2012 vir ’n tweede vyfjaartermyn verkies is tot president van die ANC toe hy ’n wegholoorwinning teen Kgalema Motlanthe, die enigste opponent, behaal het. Cyril Ramaphosa is aangewys as adjunkpresident van die ANC nadat Motlanthe ’n tweede termyn van die hand gewys het.
Die Demokratiese Alliansie se steun het van 2009 tot 2014 toegeneem van 16,7% tot 22,2%, wat aan die party 'n bykomende 22 setels gee. Helen Zille is as leier herkies tydens die party se Federale Kongres in Gauteng. Die Congress of the People (Cope) was tot voor die verkiesing die derde grootste party en is gelei deur Mosiuoa Lekota. Hy is egter deur Mbhazima Shilowa teengestaan met die geveg wat tot in die Hooggeregshof gedraai het. As gevolg van die stryery het die party heelwat steun verloor en dit het daarop uitgeloop dat die United Congress deur ontnugterde Cope-lede gestig is.
Die Vryheidsfront Plus is in die verkiesing gelei deur Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye nadat hy ook herkies is as leier. Mangosuthu Buthelezi is steeds die leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) ten spyte van ’n aanslag deur Zanele kaMagwaza-Msibi, voormalige voorsitter van die IVP. Sy het die Nasionale Vryheidsparty gestig na ’n vete met Buthelezi.
Op 11 Maart 2014 het die Christen Demokratiese Party aangekondig dat die party hom aan die verkiesing onttrek omdat “met lede se swaarverdiende geld gedobbel word” in ’n poging om ’n setel in die parlement te kry.[1]
Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie het op 17 Maart aangekondig dat 33 partye kandidate vir die nasionale parlementêre verkiesing geregistreer het. Die aantal partye wat om plekke in die provinsiale wetgewers meegeding het is soos volg:[2]
- Wes-Kaap – 26
- Gauteng – 22
- Limpopo – 20
- Oos-Kaap – 18
- KwaZulu-Natal – 18
- Vrystaat – 17
- Mpumalanga – 16
- Noord-Kaap – 16
- Noordwes – 16
Vier partye het egter nie die verlangde deposito betaal nie en het hul deelname verbeur omdat hulle nie voor 24 Maart 2014 die deposito betaal het nie.[3]
Nuwe partye
Verskeie nuwe partye het op nasionale en provinsiale vlak aan die verkiesing deelgeneem:
- South Africa First (SAF) is gestig deur voormalige lede van Umkhonto we Sizwe, die ANC se gewapende vleuel.
- Agang is gestig deur Mamphela Ramphele.
- Die Werkers- en Sosialistiese Party (WASP) is op Sharpevilledag in 2013 gestig deur leiers van die onafhanklike mynwerkers se betogingskomitee wat aan die stuur van betoging by Marikana was, en die Democratic Socialist Movement (DSM).
- Die Ekonomiese Vryheidsvegters is gestig deur Julius Malema.
- Die United Congress is gestig deur Mluleki George.
- Die Nasionale Vryheidsparty is gestig deur Zanele kaMagwaza-Msibi, voorheen van die IVP.
- Front Nasionaal is gevorm deur ’n samesmelting van die Boere-Krisis-Aksie en die Federale Vryheidsparty.
Alliansies/Samewerkingsooreenkomste
Die Onafhanklike Demokrate wat 4 setels en 0,9% van die stemme in 2009 gekry het, het met die Demokratiese Alliansie saamgesmelt voor die verkiesing.
Op 17 Desember 2013 is aangekondig dat vyf politieke partye, naamlik Cope, die IVP, die ACDP, die UCDP en die Vryheidsfront Plus ’n samewerkingsooreenkoms bereik het met 20 spesifieke prioriteite waaroor die partye eenstemmigheid bereik het. Die partye in die koalisie, genaamd die Kollektief vir Demokrasie en onder voorsitterskap van Mosiuoa Lekota van Cope, sal hul eie identiteite behou en onder hul eie name en logos aan die verkiesing deelneem.[4] Die IVP het aanvanklik deelname aan die koalisie ontken en gesê dat hulle versigtig is vir die stig van sulke koalisies omdat dit in vorige verkiesings slegs verwarring onder hul ondersteuners veroorsaak het.[5][6]
Op 20 Desember 2013 het NUMSA, een van Cosatu se grootste bondgenote, aangekondig dat hulle nie die ANC of enige ander politieke party sal steun in 2014 nie en dat NUMSA beplan om ’n nuwe werkersklas-kollektief soortgelyk aan die ontbinde United Democratic Front met die uiteindelike doel om ’n sosialistiese party te vorm wat aan die 2019-verkiesing gaan deelneem.[7][8]
Op 28 Januarie 2014 het die DA aangekondig dat Mamphela Ramphele ’n uitnodiging om as presidentskandidaat van die DA te staan, aanvaar het[9][10][11] en dat die DA en Agang sou saamsmelt.[12][13] Op 31 Januarie 2014 het Ramphele gesê dat sy nie DA-lidmaatskap wou aanvaar nie en dat sy die leier van Agang Suid-Afrika sal bly. Dit het heelwat verwarring veroorsaak.[14] Op 2 Februarie 2014 het Zille gesê dat Ramphele die ooreenkoms verloën het.[15] Ramphele het gevolglik verskoning gevra vir die omkeer in haar besluit en gesê dat die tydsberekening nie reg was nie.[16]
Op 6 Februarie 2014 is aangekondig dat die Cope-lede wat Shilowa-ondersteuners was, beplan het om by die United Democratic Movement van Bantu Holomisa aan te sluit.[17] Op 11 Maart 2014 het Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty aangekondig dat hulle saam sou werk onder die naam Al Jama-ah Gemeenskapsparty.[18] Op 12 Maart is verslag gedoen dat ’n DA-LP, Beverley Abrahams, by die ANC aangesluit het.[19] Voorts is op 20 Maart 2014 bekend gemaak dat Lourie Bosman, Niekie van den Berg en Theo Coetzee van die DA en Pieter Vorster van die Afrikanerbond hulle by die Vryheidsfront Plus aangesluit het en hulself as parlementêre kandidate beskikbaar stel.[20]
Remove ads
Uitslae
Nasionaal

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
IVP-meerderheid
Geen meerderheid, IVP gewildste
NVP-meerderheid
Geen meerderheid, NVP gewildste
Ander party-meerderheid
Geen meerderheid, ander party gewildste

ANC
DA
EFF
IVP
Ander partye

ANC permanente delegate
ANC spesiale delegate
DA permanente delegate
DA spesiale delegate
EFF permanente delegate
EFF spesiale delegate
ander party permanente delegate
ander party spesiale delegate
Gauteng provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste

ANC
DA
EFF
VF+
IVP
KwaZulu-Natal provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
IVP-meerderheid
Geen meerderheid, IVP gewildste
NVP-meerderheid
Geen meerderheid, NVP gewildste

ANC
DA
IVP
NVP
EFF
MF
Limpopo provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste

ANC
EFF
DA
COPE
Mpumalanga provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
BRA-meerderheid
Geen meerderheid, BRA gewildste

ANC
DA
EFF
BRA
Noord-Kaap provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste

ANC
DA
EFF
COPE
Noordwes provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
EFF-meerderheid
Geen meerderheid, EFF gewildste

ANC
EFF
DA
VF+
Oos-Kaap provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
UDM-meerderheid
Geen meerderheid, UDM gewildste

ANC
DA
UDM
EFF
COPE
AIC
Vrystaat provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste

ANC
DA
EFF
VF+
Wes-Kaap provinsiale verkiesing

ANC-meerderheid
Geen meerderheid, ANC gewildste
DA-meerderheid
Geen meerderheid, DA gewildste
ICOSA-meerderheid
Geen meerderheid, ICOSA gewildste

DA
ANC
EFF
ACDP
Remove ads
Sien ook
Notas
1 In vergelyking met die gesamentlike stemme van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate in 2009.
2 In vergelyking met die gesamentlike stemme van Al Jama-ah en die Afrika Moslemparty in 2009.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads