Visse (sterrebeeld)
sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Visse (Latyn: Pisces) is ’n sterrebeeld van die Diereriem. Die simbool daarvan is (Unicode ♓). Dit is tussen die Waterdraer in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die sonnebaan en die hemelewenaar kruis mekaar in dié sterrebeeld en die Maagd.
- Vir ’n artikel oor die sterreteken Visse, sien Visse (sterreteken).
Remove ads
Eienskappe en ruimtevoorwerpe
Die lentenagewening kom tans in die sterrebeeld voor, maar skuif vanweë die presessie van die Aarde se as geleidelik in die rigting van die Waterdraer.
Sterre
Van Maanen se Ster is in die Visse geleë. Dit het ’n magnitude van 12,36 en is 14,1 ligjare van die Aarde af. Dit is ’n wit dwergster en die derde naaste van dié soort sterre aan die Son.
Diepruimtevoorwerpe
Messier 74 is ’n tipe Sc-sterrestelsel in die Visse met ’n los struktuur, op ’n afstand van 30 miljoen ligjare (rooiverskuiwing 0,0022). Dit het baie jong sterreswerms en newels, en baie sterre is hier aan die vorm. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain, ’n Franse sterrekundige, ontdek. ’n Tipe II-P-supernova is in Junie 2003 ontdek in die buitenste deel van M74; die ster wat die supernova veroorsaak het, is later geïdentifiseer as ’n rooi superreus met ’n massa van 8 M☉.[1]
CL 0024+1654 is ’n massiewe sterrestelselswerm wat die lig van die sterrestelsel daaragter buig deur middel van ’n gravitasielens en so boogvormige beelde van die agterste stelsel skep. Die swerm bestaan hoofsaaklik uit geel elliptiese en spiraalsterrestelsels sowat 3,6 miljard ligjare van die Aarde af (rooiverskuiwing 0,4), terwyl die agterste sterrestelsel byna twee keer so ver weg is: sowat 5,7 miljard ligjare (rooiverskuiwing 1,67).[1]
Remove ads
Geskiedenis en mitologie
Die Visse word verbind met die Romeinse mite van Venus en Kupido, wat van die monster Tifon ontsnap het deur hulle in visse te verander en met tou aan mekaar vas te bind. Die knoop van die tou is Alpha Piscium, ook bekend as Al-Rischa ("die koord" in Arabies).[2]
In 1690 het die sterrekundige Johannes Hevelius die Visse in sy Firmamentum Sobiescianum in vier dele verdeel:[3]
- Piscis Boreus (die Noordvis): σ - 68 – 65 – 67 - ψ1 - ψ2 - ψ3 - χ - φ - υ - 91 - τ - 82 – 78 Psc.
- Linum Boreum (die Noordkoord):[3] χ - ρ,94 – VX(97) - η - π - ο - α Psc.
- Linum Austrinum (die Suidkoord):[3] α - ξ - ν - μ - ζ - ε - δ - 41 – 35 - ω Psc.
- Piscis Austrinus (die Suidvis):[3] ω - ι - θ - 7 - β - 5 - κ,9 - λ - TX(19) Psc.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads