Vlakvark
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die vlakvark (Phacochoerus africanus) is 'n wilde lid van die varkfamilie wat in Afrika voorkom.

Volwasse vlakvarke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg. Vlakvarke het 'n kenmerkende voorkoms, met twee slagtande wat tot 61 cm lank kan word. Vratagtige uitgroeisels is sigbaar op hulle groot gesigte.
Vlakvarke kan vinnig hardloop, met 'n snelheid tussen 30 en 50 km/h. Wanneer 'n vlakvark weghardloop, hou hy sy stert penorent.
Die wyfie, of sog, is drie maande dragtig, waarna sy tot ses kleintjies in November of Desember baar. 'n Vlakvark het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.
Remove ads
Subspesies
- Nolan vlakvark (P. a. africanus) Gmelin, 1788 – Burkina Faso, Ivoorkus, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Guinee-Bissau, Tsjad, Mauritanië, Nigerië, Senegal, Soedan
- Eritrese vlakvark (P. a. aeliani) Cretzschmar, 1828 – Eritrea, Ethiopië, Djiboeti, Somalië
- Sentraal-Afrikaanse vlakvark (P. a. massaicus) Lönnberg, 1908 – Kenia, Tanzanië
- Suidelike vlakvark (P. a. sundevallii) Lönnberg, 1908 – Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe
Remove ads
Fotogalery
- ’n Manlike vlakvark in die Tswalu Kalahari Reservaat, Noord-Kaap, Suid-Afrika.
- Twee jong manlike vlakvarke wat baklei in die Tswalu Kalahari Reservaat.
- Twee manlike vlakvarke aan die stoei
- Twee vlakvarke wat in Tanzanië wei.
Sien ook
Bronnelys en verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads