Voyager-program

From Wikipedia, the free encyclopedia

Voyager-program
Remove ads

Die Voyager-program is 'n Amerikaanse wetenskaplike ruimteprogram wat twee onbemande ruimtetuie Voyager 1 en Voyager 2 gebruik het om die gasplanete Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus te besoek wat destyds in 'n gunstige lyn gelê het. Albei ruimtetuie is in 1977 gelanseer, en hul aanvanklike sendings was om slegs die planetêre stelsels van Jupiter en Saturnus te bestudeer. Tog het Voyager 2 ook vir Uranus en Neptunus verken. Die Voyager-ruimtetuie het die buitenste grense van die heliosfeer reeds in 2012 en 2018 verlaat, en verken nou die interstellêre ruimte. Hulle sending is reeds drie keer verleng en hulle hou aan om bruikbare wetenskaplike inligting na die aarde te stuur. Slegs Voyager 2 het dusver nabyfoto's van Uranus en Neptunus geneem.

Thumb
'n Montage van die gasplanete en sommige van die mane wat deur die twee Voyager-ruimtetuie besoek en verken is, tesame met sketse van die twee ruimtetuie self. Die lang antennes wat uit die ruimtetuie steek en die magnetometers se hoofarms is sigbaar.
  Die planete wat by die skets ingesluit word is Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Voyager 2 was die enigste tuig om die ysreuse Uranus en Neptunus te besoek.

Op 25 Augustus 2012 het data van Voyager 1 aangedui dat dit die eerste mensgemaakte voorwerp is wat die interstellêre ruimte betree het; dit is die verste wat enige persoon of aardse tuig nog ooit gereis het.[1] In 2013 het Voyager 1 met 'n snelheid van 17 km/s relatief tot die son beweeg.[2]

Op 5 November 2019 het data van Voyager 2 aangedui dat dit ook in die interstellêre ruimte was.[3] Op 4 November 2019 het die wetenskaplikes aangekondig dat Voyager 2 reeds op 5 November 2018 die interstellêre ruimte betree het, 'n gebied van die buitenste ruimte wat glad nie deur die sonnestelsel beïnvloed word nie, en dat dit saam met Voyager 1 geklassifiseer word wat reeds in 2012 die interstellêre ruimte betree het.[4][5]

Data en foto's versamel deur die Voyager-ruimtetuie se kameras, magnetometer's en ander instrumente het heelwat inligting aangaande die vier reuseplanete en hul mane aan die lig gebring. Nabyfoto's deur die ruimtetuie het Jupiter se komplekse wolkformasies, winde en stormstelsels aan die lig gebring en ook vulkaniese aktiwiteite op sy maan Io ontdek. Daar is bevind dat Saturnus se ringe raaiselagtige knoetse, kinkels en klonte het wat die illusie van vlegwerk skep, met 'n menigte van kleiner ringe. Voyager 2 het 'n wesenlike magnetiese veld om Uranus ontdek asook nog tien mane. Tydens sy verbyvlug van Neptunus het dit drie ringe en ses nuwe mane ontdek, 'n planeet magneetveld en aurora's. Voyager 2 is die enigste ruimtetuig wat albei ysreuse besoek het. In Augustus 2018 het NASA die bestaan van 'n waterstofmuur op die rand van die sonnestelsel bevestig, gebaseer op die resultate van die New Horizons, wat reeds in 1992 deur die twee Voyager ruimtetuie bespeur is.[6][7]

Voyager het dinge gedoen wat niemand voorspel het nie, tonele gevind wat niemand verwag het nie, en belowe om sy uitvinders te oorleef. Soos 'n groot skildery of 'n blywende instelling, het dit 'n eie bestaan verkry, 'n bestemming buite bereik van sy hanteerders.[8] aldus die outeur Stephen J. Pyne.

Die Voyager-ruimtetuie is deur die Jet Propulsion Laboratory in die suide van Kalifornië gebou en die projek is deur NASA gefinansieer. Hulle het ook die lanserings vanaf Kaap Canaveral in Florida, benewens die volging en ander koste van die ruimtetuie gefinansieer.

Die koste van die oorspronklike program was $865 miljoen dollar, en die latere Voyager Interstellêre sending kos 'n verdere $30 miljoen.[9]

'n Nuwe plan om die twee ruimtetuie beter te bestuur is in Julie 2019 geïmplementeer.[10]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads