Wahoo
visspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Wahoo (Acanthocybium solandri) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis ook bekend as die Wahoo.
Remove ads
Voorkoms
Die vis het 'n lang, lenige lyf en is blinkblou tot pers aan die bokant, silwerwit onder en het donder vertikale strepe oor die lyf. Dit kan tot 2.1 m lank word en weeg dan 36 kg.
Habitat
Die vis kom voor in oopwater naby riwwe. Die vis jag alleen en soms in los groepe. Hulle vreet vis. Dit is 'n baie vinnige vis en kan tot 75 km/h haal. Dit is 'n gewilde hengelvis en die IGFA rekord is 72 kg.
Sien ook
Bronne
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
Eksterne skakel
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
