Waltari
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Waltari was van 539 tot 546 koning van die Lombarde. Hy was die seun van Wacho en sy derde vrou, Silinga, dogter van die Herule-koning Rudolf. Waltari was die laaste afstammeling van die Letinge-dinastie.[1]
Toe sy vader in 540 sterf was hy nog minderjarig, en Audoin van die Gause-familie het in sy naam regeer.[2] Die geskiedkundige Prokopius skryf dat die jong koning weens 'n onbekende siekte beswyk het.[3]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads