Warren Buffett

Amerikaanse belegger, entrepreneur en sakeman From Wikipedia, the free encyclopedia

Warren Buffett
Remove ads

Warren Edward Buffett (gebore 30 Augustus 1930, Omaha, Nebraska) is 'n Amerikaanse belegger en filantroop wat die voorsitter en uitvoerende hoof van die konglomeraat Berkshire Hathaway is. As gevolg van sy sukses is Buffett een van die bekendste beleggers in Amerika. Volgens Forbes het Buffett se geraamde netto waarde teen Mei 2025 op US$160,2 miljard gestaan, wat hom die vyfde rykste individu ter wêreld maak.[2]

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...

Van 1970 was Buffett die voorsitter en grootste aandeelhouer van Berkshire Hathaway, een van Amerika se voorste houermaatskappye en die wêreld se toonaangewende korporatiewe konglomerate. Hy word deur globale media die "Orakel" of "Wisge" van Omaha genoem as gevolg van die enorme fortuin wat hy opgebou het uit sy sukses in sake en belegging.[3][4] Buffett hou by die beginsels van waardebelegging en spaarsamigheid ten spyte van sy rykdom.[5] Buffett het belowe om 99 persent[6] van sy fortuin aan filantropiese oorsake weg te gee, hoofsaaklik via die Gates-stigting. Hy het die Giving Pledge in 2010 saam met Bill Gates gestig, waardeur miljardêrs belowe om ten minste die helfte van hul fortuin weg te gee.[7] By Berkshire Hathaway se beleggerskonferensie op 3 Mei 2025 het Buffett versoek dat die direksie Greg Abel aanstel om hom teen die einde van die jaar as die maatskappy se hoof uitvoerende beampte op te volg, terwyl hy voorsitter bly.[8]

Remove ads

Lewensloop

Buffett is die tweede kind van Howard Buffett, 'n verkose lid tot die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers. Hy wou op sy ondernemings fokus, maar skryf onder druk van sy pa by die Universiteit van Pennsilvanië in. Hy voltooi egter sy B.Sc. op 19 aan die Universiteit van Nebraska. Daarna het hy aan die Columbia-universiteit studeer. Die Harvard-sakeskool wou hom nie aanvaar nie en hy het gehoor dat professor Benjamin Graham daar doseer. Ná sy studie het Buffett vir 'n kort tyd in Graham se beleggingsmaatskappy gewerk, voordat hy teruggegaan het na Nebraska en sy eie beleggersmaatskappy gestig het.

Van kindsbeen af aan was hy besig met beleggings en om geld te verdien. Hy het sy eerste aandele gekoop toe hy 11 was, en op 14 het hy grond gekoop met geld wat hy as koerantjoggie verdien het. Een van sy eerste groot beleggings was in American Express. Hierna het hy beleggings gemaak in Berkshire Hathaway. Dit was toe 'n tekstielbesigheid. Toe Buffett beheer gekry het oor die besigheid het hy die tekstiel afdeling afgeskaf, en die maatskappy omgeskakel na 'n beleggingsmaatskappy.

Buffett doen beleggings in bedrywe met langtermyn groeipotensiaal, maar ook in groter maatskappye soos Coca-Cola (waarvan hy de grootste individuele aandeelhouer is) en Gillette. Hy vermy hoë-tegnologie besighede en is sodoende nie geraak tydens die ineenstorting van die internetaandele in 2000 nie.

Die sakevennoot van Buffett was die superbelegger Charlie Munger. Buffett is 'n uitgesproke teenstander van buitensporige beloninge deur groot besighede. Vanuit hierdie oortuiging betaal Berkshire Hathaway hul eie bestuur nie groot bonusse nie.

Op 26 Junie 2006 het Buffett bekend gemaak dat hy $37 miljard gaan skenk aan liefdadigheidsorganisasies, waaronder die Bill and Melinda Gates Foundation van Bill Gates.

Op 5 Maart 2008 het Forbes bekend gemaak dat Bill Gates nie langer die rykste persoon op aarde is nie, maar dat hy ingehaal is deur Buffett. In September 2008 het dieselfde tydskrif weer bekendgemaak dat Buffett weer deur Gates ingehaal is.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads