Nebraska

deelstaat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia

Nebraska
Remove ads

Nebraska (Engels: State of Nebraska) is 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van rofweg 1,9 miljoen en met 'n oppervlakte van 200 520 vierkante kilometer. Dit is een van die deelstate wat in die Groot Vlaktes lê en waar landbou 'n belangrike rol in die ekonomiese lewe speel.

Kitsfeite

Nebraska word in die noorde deur Suid-Dakota, in die ooste deur Iowa en Missouri, in die suide deur Kansas en Colorado, en in die weste deur Wyoming begrens. Dit is die 37ste staat wat tot die Unie toegelaat is.

Nebraska se bynaam is Cornhuskers State. Die woord Nebraska is uit die Chiwere-taal afkomstig en beteken 'vlak water'.

Thumb
Hengelsport op die North Platte River. Vier 19de eeuse pioniersroetes het by die rivier saamgeloop - die Oregon Trail, Mormon Trail, California Trail en die Pony Express Trail
Thumb
Groot Vlaktes naby Kearney, Nebraska
Thumb
Chimney Rock in Morrill County
Thumb
Nie net 'n trekpleister vir motordruïdes nie: Carhenge naby Alliance
Thumb
Pioniersstandbeeld in Omaha
Thumb
Front Street, Ogallala
Thumb
The Little Church in Keystone word deur Protestantse en Rooms-Katolieke gemeentes gedeel
Thumb
Omaha se Union Station, 'n Art Deco-treinstasie, huisves tans die Durham Museum wat in sy versamelings die geskiedenis van die Amerikaanse Weste behandel
Remove ads

Eksterne skakels

Toerisme

Geskiedenis

Ekonomie

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads