Wierdapark

From Wikipedia, the free encyclopedia

Wierdaparkmap
Remove ads

Wierdapark is sedert 2000 'n voorstad van Pretoria nadat dit lank deel was van Verwoerdburg en toe Centurion.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Sytze Wierda, die argitek na wie Wierdapark genoem is.

Die voorstad is op die plaas Cyferfontein No. 2 uitgelê deur Johannes Nolten en Edith M.B. Neff, in 1938 geproklameer en genoem na die hoofargitek van die Transvaalse Republiek Sytze Wierda. Wierdapark is 3 km suid van die Wierdabrug geleë, waar die ou hoofpad van Pretoria na Johannesburg oor die Sesmylspruit loop, 10 km suid van Pretoria by Swartkops en suid van Valhalla, wat ook tot 2000 'n voorstad van Centurion was.

Die Gereformeerde kerk Wierdapark is in 1973 gestig, die jaar ná die Nederduitsch Hervormde Kerk se gemeente Swartkop op 5 November 1972. Laasgenoemde sluit benewens Wierdapark ook Valhalla, Voortrekkerhoogte, Clubview, Eldoraigne en enkele ander gebiede in, terwyl die Gereformeerde gemeente ook Eldoraigne, Valhalla en die kleinhoewes Mnandi omvat. Die NG gemeente Wierdapark is in 1976 gestig en die NG gemeente Wierdapark-Suid in 1982.

Remove ads

Bronne

Verwysings

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads