Wildeperske
Plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika[1] en asook Eswatini, Ethiopië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië en Zimbabwe[2] voor.
Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1,5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van die tuinrooitjieskoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.
Die boom se FSA-nommer is 494[3]. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.
Remove ads
Galery
Jong boompie Manlike blom Loof en vroulike blomme Geslote vrugkapsules Oop vrugkapsule met rooi sade Papie van die tuinrooitjie
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads